Bly Plekke Logo
Kaapstad, Wes-Kaap - Hanteer Direk, Betaal Minder
South African Tourism

Kaapstad

OorsigVerblyf
Good morning Cape Town! © Chris Preen, License

Kaapstad

Kaapstad self en sy onmiddelike omgewing bied aan die besoeker alles wat hy of sy moontlik kan verlang. Alles is hier, van berge tot strande, groot sanduine, wynlande met van die beste wyne op die aarde, 'n volledige prentjie van vakansie-verwagtinge, te veel om op te noem.

Kaapstad se sambreel is vol van dinge om te sien en te doen - alles binne loopafstand, die Kasteel van Goeie Hoop, een van die oudste geboue in Kaapstad is net bokant die spoorwegstasie geleë.

Aan die Suidelike punt van die Kaapse Skiereiland, die Kaap van Goeie Hoop Natuurreservaat, wat strek vanaf Schusters-Baai in die Weste, om 40 kilometer se kuslyn na Smitswinkel-baai in die Ooste. Hierdie 7750 hektaar fynbos-reservaat het meer variteite as die hele Verenigde Koningkryk en dit is hoofsaaklik heide en protea's. Hier is ook verskeie boksoorte, bobbejane en zebras.

Baie min van die wêreld se kus-stede het so 'n bekende agtergrond as Kaapstad. Tafelberg troon oor die stad, sy gesig verander elke uur soos wat die son vanuit die hemel die skadus oor die massiewe berg skuif. Die berg is geleë in die Tafelberg-Nasionalepark en dit is meer as 2700 hektaar groot en sluit Seinheuwel en Leeeukop in. Daar is meer as 500 maniere om na die kruin van Tafelberg te klim, maar die gemaklikste is met die kabelkarretjie, met die onderste stasie geleë langs Tafelberg-weg.

Kaapstad se Silvermyn-Natuurreservaat wat strek vanaf die Muizenberg gebied tot Noordhoek in die Ooste, bied van die beste natuurtonele en plante wat hier gevind kan word. Daar is verskeie voetpaadjies in die reservaat en dit bied 'n asemrowende uitsig oor Valsbaai. In die middel van Valsbaai is Rob-eiland, die tuiste van ongeveer 50000 robbe, wat die beste gedurende die somermaande tydens die paring-seisoen gesien kan word. Simonstad, aan die Westekant van Valsbaai is Suid-Afrika se hoof-Vlootbasis.

Kaapstad se hawe is van die bekendste Afrika-hawens en is toegerus vir die meeste skepe. Daar is 'n groot houer-hawe en twee droogdokke met die groter een 350 meter lank. 'n Gedeelte van die ou hawe is opgegradeer en vorm nou deel van die Victoria en Alfred-Waterfront, 'n mengsel van restaurante, kroeë, kwaliteitwinkels en ook markte met handwerk. Die Twee Oseane-akwarium het wonderlike vertonings van haaie, pikkewyne en baie ander kreature wat in die omliggende waters gevind word, insluitende 'n kelp-woud. Die Waterfront is 'n moet vir elke besoeker aan die Kaap en die bootritte na Robbeneiland vertrek hiervandaan. Kaapstad het 'n groot Internasionale Lughawe wat in die stad se Oostelike voorstede geleë is.

As u Kaapstad in die somer besoek, maak seker dat u die Kaapse Klopse se straatoptog, wat elke Januarie gehou word, kan sien.

Daar is baie te sien en te doen buitekant die stad se sambreel. Net bokant die Universiteit van Kaapstad is daar 'n pragtige uitsig oor die grootste gedeelte van Kaapstad se middestad. 'n Entjie verder op die M3 pad is die Kirstenbosch Botaniesetuine in Nuweland, wat vroeër 'n deel was van die Cecil Rodes Landgoed. Elke  Sondag gedurende die somer, vind die Kirstenbosch "Summer Sunset Concerts" in hierdie tuin plaas.

Die Atlantiese kus bied 'n magdom vakansie-oorde en strande. Ver na die Noorde van die hoofstad is Blouberstrand, vanwaar die pragtigste uitsig op die stad is, met Tafelberg as agtergrond en Robeiland op die voorgrond. Hier kan u dwardeur die jaar dolfyne sien speel. Op die Skiereiland, Suid van die hawe, is die voorstede Grangerbaai, Drie-Ankerbaai, Seepunt, Bantrybaai en Cliftonstrand, Kampsbaai, Llandudno en Houtbaai. Ry nog verder Suid, verby Chapmans Peak na Kommetjie, 'n outydse dorpie, beroemd vir sy kreef en Scarborough, 'n dorpie goed bekend vir sy binnelandse tuine.

Kaapstad is 'n groot wêreldstad wat die wêreld aan die besoeker kan bied. Die stad is net die wegpringplek vir die res van die mooiste Kaap, van waar die besoeker die wynlande kan verken en sommige van die puikste wyne in die wêreld kan proe. Langs die kus lei die N2 na die Tuinroete en die Klein-Karoo. Die N1 neem u dan na die groot oop vlaktes in die Groot Karoo, 'n semi-droë woestyn wat lank gelede bedek was met sout-moerasse.

Kaapstad, wat dikwels na verwys word as die "Moederstad," is 'n lewendige en diverse bestemming in Suid-Afrika, wat 'n wye verskeidenheid besienswaardighede en doendinge bied.

Hier is 20 dinge om te doen of te sien in Kaapstad:

1. Tafelberg: Neem die kabelbaan of stap tot by die kruin vir panoramiese uitsigte oor die stad en die Atlantiese Oseaan.

2. Robbeneiland: Besoek die historiese terrein waar Nelson Mandela vir 18 jaar in die tronk was.

3. V&A Waterfront: Verken winkels, restaurante en besienswaardighede soos die Two Oceans Aquarium in hierdie bedrywige hawe-area.

4. Kirstenbosch Nasionale Botaniese Tuin: Kuier deur een van die wêreld se mooiste botaniese tuine, geleë aan die oostelike voet van Tafelberg.

5. Kaappunt: Besoek die suidpunt van die Kaapse Skiereiland en geniet die dramatiese kuslandskap.

6. Boulders Beach: Sien die bekende kolonie Afrika-pikkewyne in Simonstad.

7. Chapman's Peak Drive: Neem 'n skilderagtige rit langs hierdie bekende kuspad wat asemrowende uitsigte bied.

8. Bo-Kaap: Dwaal deur hierdie kleurvolle woonbuurt wat bekend is vir sy lewendige huise en ryk kulturele erfenis.

9. Distrik Ses Museum: Leer oor die geskiedenis van Distrik Ses en die impak van apartheid op sy inwoners.

10. Seinheuwel en Leeukop: Geniet sonsonderganguitsigte of stap op Leeukop vir 'n meer avontuurlike ervaring.

11. Kasteel van Goeie Hoop: Besoek die oudste koloniale gebou in Suid-Afrika, wat nou as museum dien.

12. Greenmarket Square: Koop vir Afrika-aandenkings en handwerk by hierdie bedrywige mark.

13. Company's Garden: Ontspan in hierdie historiese park, die tuiste van die Suid-Afrikaanse Museum en die Nasionale Galery.

14. Clifton-strande: Spandeer 'n dag by een van die vier pragtige strande by Clifton, elk met sy unieke bekoring.

15. Houtbaai: Verken hierdie bekoorlike vissersdorpie, geniet seekos, en neem 'n bootrit na Seal Island.

16. Groot Constantia: Besoek Suid-Afrika se oudste wynlandgoed vir 'n wynproe en toer.

17. Zeitz MOCAA: Verken kontemporêre Afrika-kuns by die Zeitz Museum of Contemporary Art Africa.

18. Muizenberg-strand: Gaan branderplankry of geniet bloot die kleurvolle strandhutte en lewendige atmosfeer.

19. Noon Gun: Aanskou die afvuur van die historiese Noon Gun op Seinheuwel, 'n daaglikse tradisie sedert 1806.

20. The Old Biscuit Mill: Besoek hierdie nuwerwetse mark in Woodstock, bekend vir sy kosstalletjies, winkels en lewendige atmosfeer.

Kaapstad se ryk geskiedenis, diverse kultuur en asemrowende natuurskoon maak dit 'n bestemming met iets vir almal om te geniet.

Gewilde Dorpe

Wys 1 tot 20 van 91 eenhede
Wys 1 tot {{total}} van {{total}} eenhede
Geen resultate
{{heading}}

{{place.name}}

{{place.category}}

{{place.info}}

Special Categories

Sign-up to our Great Escapes newsletter

© BlyPlekke.co.za 1998-2024 blyplekke_live
Kaapstad Verblyf en Inligting. Kaapstad, Wes-Kaap.
WTS App Browser