Geleë in Bloubergstrand ou dorp, naby Kaapstad, 'n klipgooi ver van een van die mooiste strande op die Suid-Afrikaanse kuslyn, sal jy hierdie vakansie rusplek vind. Nick's Seaside Rest bied selfsorg verblyf met egte Suid-Afrikaanse gasvryheid. Baie van ons gaste het etlike kere teruggekeer.
Slegs 20 kilometer vanaf Kaapstad se middestad, is Bloubergstrand ook ideaal geleë vir die verkenning van die wynroetes en die kus.
Nick's Seaside Rest is 60 meter van die see geleë, loopafstand na die omliggende restaurante en 'n entjie verder na Grootbaai/Big Bay, die wêreld beroemde strand vir branderplank- en seilplankryers.
Die eiendom is geleë in 'n stil woonbuurt. Alhoewel daar 'n beperkte uitsig is van die oseaan vanaf die sitkamer van hierdie skakelhuis, sal gaste dit geniet om langs die strand te stap, asemrowende sonsondergange waar te neem, te draf langs die netjiese strandfront of net in die son te baai. Gedurende September/Oktober kan walvisse in Tafelbaai gesien word. Pragtige lente veldblomme kan in die omgewing gesien word gedurende Augustus en September.
Nick's Seaside Rest is verbind aan 'n private woning en twee tipes nie-rook akkommodasie is beskikbaar: 'n Skakelhuis en 'n studio woonstel.
Die twee eenhede word apart bestuur en mag nie in kombinasie aan dieselfde groep gaste verhuur word nie.
Albei eenhede word deeglik skoongemaak en ontsmet voor die aankoms van nuwe gaste.
Onbeperkte WiFi en DStv-premiumpakket, sowel as 'n elektroniese muurkluis en strandhanddoeke word in albei eenhede voorsien.
Die skakelhuis, op twee vlakke, is ten volle gemeubileer, het drie slaapkamers, slaap 5 persone en het twee badkamers (een vol badkamer met toilet en 'n tweede een met stort en wasbak) plus 'n aparte toilet met wasbak. Hoofslaapkamer met dubbel bed; tweede slaapkamer met twee enkel beddens; derde slaapkamer met twee enkel beddens. Ruim sitkamer en aparte eetkamer (dubbele volume). Groot kombuis met breekgoed en messegoed, stoof, mikrogolf, yskas, wasmasjiien, skottelgoedwasser, ketel en broodrooster. Linnegoed en handdoeke word voorsien. Ruim beskutte patio en tuin vir buite ontspanning. Mobiele braaitoestel. Private ingang en motoringang.
Die studio woonstel is ten volle gemeubileer, slaap twee persone en het 'n slaaparea (met dubbel bed) gekombineer met 'n sit/eetkamer gedeelte, aparte badkamer (stort, wasbak en toilet)en aparte kombuisie. Die kombuisie is toegerus met 'n Salton mini-stoof, mikrogolf, yskas, broodrooster, ketel en breekgoed en messegoed. TV met ontvangs van plaaslike kanale. Linnegoed en handdoeke word voorsien. Mobiele braaitoestel. Private ingang en motoringang.
Veilige parkering word op die perseel voorsien vir drie motors (insl. een vir die studio woonstel) agter groot sluitbare hekke.
Stoorplek vir fietse en branderry toerusting. Skoonmaakdiens vir verblyf langer as 'n week. ROOK VERBODE.
Die eiendom is binne loopafstand van goeie plaaslike restaurante, en ook binne loopafstand (3 minute) van 'n biblioteek. Die gebied is bekend en ideaal vir vlieërplankry, seilplankry, branderplankry, duik en verskeie ander watersportsoorte.
Gereelde Snelbusdiens (MyCITI) na winkelsentrums, die Stadskern en V&A Waterfront: Bushalte 100 meter vanaf die huis.
Die volgende besienswaardighede is binne redelike afstande:
Bloubergstrand Self Catering Apartment, Flatlet Accommodation • Bloubergstrand Self Catering Accommodation • Bloubergstrand Area Self Catering Apartment, Flatlet Accommodation • Bloubergstrand Area Self Catering Accommodation • Cape Town Self Catering Apartment, Flatlet Accommodation • Cape Town Self Catering Accommodation
Klik op die blou knoppie op die bladsy van 'n eiendom en ontvang kennisgewings sodra hulle 'n spesiale transaksie plaas!