Geleë bo-op die heuwel tussen groen weivelde en 'n enorme inheemse woud, is Old Kilgobbin die perfekte hawe vir diegene wat wil ontsnap van die gejaagde tempo en druk van die stadslewe. …sien meer vir besprekings / navrae en inligting.
Highthorn is 'n majestieuse klip-plaashuis ideaal vir ‘n wegkom kansie vir ‘n groep. Genestel in die voetheuwels van die Sentrale Drakensberge met 'n pragtige uitsig oor Giants Castle na die Amfiteater. …sien meer vir besprekings / navrae en inligting.
Twee gemaklike, rustige, bos- huisies genestel onder inheemse bome. Huis een: drie slaapkamers, akkommodeer 6 persone, met ten volle toegeruste kombuis en badkamer (stort). Die ander huis: 'n twee slaapkamer houthuis, met ‘n buite badkamer (stort). …sien meer vir besprekings / navrae en inligting.
Word 'n boer vir ‘n naweek op die werkende Cedarberg plaas van ongeveer 1500 hektaar. Help, of ervaar net boerdery aktiwiteite soos beeste dip, koeie melk, skape tel en dies meer. …sien meer vir besprekings / navrae en inligting.
Clifton stud bied jou 'n enkel, privaat geleë kothuis op die oewer van 'n skilderagtige twee hektaar forel dam. Die uitsonderlike kothuis het drie slaapkamers en twee badkamers en kan tot ses gaste akkommodeer. …sien meer vir besprekings / navrae en inligting.
Aloestone Lodge bied jou waardevolle, selfsorg akkomodasie op die Prince’s Grant Gholflandgoed. Benewens dat die lodge op die majestieuse Prince’s Grant eko-en gholflandgoed is, is Zimbali, Simbithi en Umhlali gholfbane net 30 minute se ry weg. …sien meer vir besprekings / navrae en inligting.