Kom geniet die gasvryheid, vrede en rustigheid van Cedarberg Gasteplaas, geleë aan die voet van die suidelike Drakensberg. Geniet 'n skemerkelkie terwyl die son sak agter die ruwe Drakensberg horison, terwyl jy die asemrowende uitsig van die top van die Cedarberg ervaar(1932 m).
Word 'n boer vir ‘n naweek op die werkende Cedarberg plaas van ongeveer 1500 hektaar. Help, of ervaar net boerdery aktiwiteite soos beeste dip, koeie melk, skape tel en dies meer. Geniet ontspannende perdry op ons betroubare Boerperd perde of neem 'n wandeling en sien wild soos Zebra, Gewone en Berg- rooiribbokke, Rooihartbeeste, Oribi en Blesbokke. Geniet 'n piekniek in die wonderlike gastehuis tuin of langs die forel dam, binne loopafstand van die hoofhuis.
Entoesiastiese voëlkykers kan ‘n oorvloed van voëllewe in die area bestudeer; Griekwaland-Oos (OG) is 'n welbekende plek vir bedreigde spesies soos die Lelkraanvoël, Gevlekte vleikuiken en Drakensberglewerik.
Vir die avonturier is daar berg, vierwiel motorfietse en 4x4 roetes op die plaas. Daar is verskeie roetes wat ook aangepak kan word in en rondom die OG area. OG is ook die poort na vier bergpasse in die minder verkende suide van Lesotho.
OG is 'n premier bestemming vir forel, swart-bas en karp visvang. Beide forel en bas kan gevang word op die plaas.
Cedarberg se opgeknapte skuur is ook die ideale plek vir 'n landelike troue of konferensie.
Die gasteplaas is veral geskik vir ‘n groter familie wegbreek of dies meer, met 'n groot gemeenskaplike kombuis en onthaal area. Ons waarborg jou soveel privaatheid as wat jy nodig het om met jou vriende en familie te ontspan!
4x4 Voertuie en perde vir ritte te huur. Vuurmaak hout word verskaf om braaivuur te begin.
Akkommodasie opsies:
Ten volle toegeruste selfsorg eenhede, uitsonderlinge ou plaashuis (Cedarhoek) met 'n kaggel. Twee "misvloer" rondawels met 'n woonstel wat bygevoeg is. Kan tot sestien persone akkommodeer (hoë-klaring voertuie word aanbeveel vir laaste 1 km na plaashuis);
Cedarberg is 8km buite Cedarville geleë, 'n klein dorpie in die hart van Griekwaland-Oos, 300km van Durban, 250 km van Pietermaritzburg op die R56. Ons is 'n ideale oor-stop plek op die skilderagtige "Route 56" wat'n skakel is tussen KZN en Oos-Kaap. Hierdie roete is 'n alternatief vir die gewone N2 roete vir ‘n reis vanaf Durban na Kaapstad.
Cedarville Selfsorg Huis / Kothuis Verblyf • Cedarville Gasteplaas Akkommodasie • Cedarville Karavaanpark / Woonwapark Verblyf • Cedarville Troeteldier-vriendelike Akkommodasie • Cedarville Quad / 4x4 / Fietsroete Verblyf • Cedarville Visvang Verblyf - Varswater • Cedarville Jagsafari Akkommodasie • Cedarville Meer As 10 Gaste Verblyf • Cedarville Troue Akkommodasie • Cedarville Konferensie Akkommodasie • Cedarville Interesante Blyplekke • Cedarville Selfsorg Akkommodasie • Southern Drakensberg Selfsorg Huis / Kothuis Verblyf • Southern Drakensberg Gasteplaas Akkommodasie • Southern Drakensberg Karavaanpark / Woonwapark Verblyf • Southern Drakensberg Troeteldier-vriendelike Akkommodasie • Southern Drakensberg Quad / 4x4 / Fietsroete Verblyf • Southern Drakensberg Visvang Verblyf - Varswater • Southern Drakensberg Jagsafari Akkommodasie • Southern Drakensberg Meer As 10 Gaste Verblyf • Southern Drakensberg Troue Akkommodasie • Southern Drakensberg Konferensie Akkommodasie • Southern Drakensberg Interesante Blyplekke • Southern Drakensberg Selfsorg Akkommodasie
Klik op die blou knoppie op die bladsy van 'n eiendom en ontvang kennisgewings sodra hulle 'n spesiale transaksie plaas!