Barry Hall is in die blaarryke voorstad, Fresnaye aan die Atlantiese kus geleë. Dit is halfpad tussen die stad en Kampsbaai en Clifton se strande, met slegs 10 minute se reistyd in elke rigting. Die ligging is uiters sentraal.
Die vier eietydse, groot woonstelle en tuin-kothuis is geleë in 'n historiese herehuis met baie agitektoniese besonderhede, 'n moderne gratis Wi-Fi, sowel as vriendelike dagdiens. Dit laat u vry om eeksdae die Kaap met al sy glorie te geniet.
Ons is deur die Suid-Afrikaanse Graderingsraad met 'n 4-ster status bekroon.
Binne 5 minute se maklike stap is:
Woonstel 1
Woonstel een is 'n groot (122m²) multi-kamer woonstel met direkte toegang na ons knus binnehof-tuin. Dit het sy eie balkon, 'n regte sonhoekie, ideaal vir ontbyt of skemerkelkies.
Hierdie woonstel het moderne skandinawiese dekor en het twee groot dubbelkamers met konings-grootte beddens, plafonwaaiers en ook 'n kleiner slaapkamer met 'n koningins-grootte bed. Slaapplek vir 6 persone.
Daar is 3 badkamers, een en-suite met 'n stort, wasbak en toilet, een met 'n bad/toilet, wasbak, en die ander een, met 'n groot stort en wasbak.
Die normaal-grootte kombuis is goed toegerus met 'n oond, mikrogolfoond, skottelgoedwasser en 'n 6 sitplek eettafel met direkte toegang tot die binnehof-tuin. Middagete in die skadu onder die prieel is 'n opsie in 'n warm somersdag, of u kan slegs afkoel in 'n dekstoel, of miskien kan u 'n braai geniet.
Geriewe is: DSTV, DVD, gratis Wi-Fi en 'n eie kluis.
Woonstel 2
Woonstel 2 is 'n groot, gerieflike multi-kamer woonstel (92m²), met een slaapkamer, aparte kombuis, ingangsportaal, 'n ruim woon/eetkamer, eettafel vir 6, 2 slaapbanke en hedendaagse meubels.
Die badkamer is onlangs opgeknap en is 'n samevatting van moderne/outydse style met 'n groot stort, wasbak en toilet. Die slaapkamer het 'n koningin-grootte bed en plafonwaaier. Die kamer het direkte toegang tot die tuin.
Die kombuis is goed toegerus met 'n mikrogolfoond, groot ys/vrieskas, skottelgoedwasser, 'n stoof, oond en ook al die kookgereedskap.
Die groot ontvangsportaal met sy lessenaar en ekstra slaapbank, in 'n inham, bied 'n verwelkomende gevoel van spasie, wat nie dikwels in huur-woonstelle gekry word nie.
Die knus binnehof-tuin, vir al ons gaste het 'n braaigebied, tafel en stoele wat dit 'n ideale plek onder die druiwe-prieel maak vir gemaklike middag-etes.
Geriewe is: DSTV, platskerm Tv, DVD, gratis Wi-Fi en eie kluis.
Woonstel 3
Die groot multikamer-woonstel (122m²) het 2 slaapkamers en 2 badkamers, een en-suite met 'n stort, wasbak en toilet. Die tweede, romantiese badkamer het 'n Victoriaanse bad, wasbak en 'n stort.
'n Pragtige mengsel van meubels, waaronder moderne kuns, Afrika-meubels en outydse-styl, maak hierdie groot woonkamer 'n unieke spasie met baie interessante voorwerpe.
Die groot kombuis is goed toegerus met 'n oond, mikrogolfoond, skottelgoedwasser, groot yskas, koffiemasjien, al die breekgoed, potte, panne ens.
'n Redelike groot balkon met tafel en stoele word bereik vanaf die woongebied of deur die voudeure, vanuit die tweede slaapkamer en is 'n lieflike plek vir ontbyt of skemerkelkies.
Die knus binnehof-tuin het 'n braaigebied, tafel en stoele, wat dit 'n ideale plek maak vir middag-etes onder die druiwe-prieel.
Geriewe is: DSTV, satelliet Tv, DVD, gratis Wi-Fi aansluiting.
Wonstel 4
Woonstel 4 is 'n groot, gerieflike woonstel (92m²), met 1 slaapkamer, ingangsportaal, kombuis en 'n ruim woon/eetkamer, met 'n eietydse mengsel van skandinawieses eenvoud, gemeng met Afrika-kenmerke in die meubels, dit het 'n slaapbank vir 'n ekstra persoon.
Die badkamer het 'n instap-stort, met 'n ronde venster, wat die uitsig na Leeukop beklemtoon.
Die slaapkamer het 'n konings-grootte bed, 'n kluis en die kombuis is goed toegerus met 'n konveksie-mikrogolfoond, oond, stoof en groot ys/vrieskas en al die kookgereedskap.
Die groot ingangsportaal, met sy verwelkomende karakter, lei tot die sjarmante klein balkon.
Ons knus, binnehof-tuin is aan die agterkant van die eiendom en het 'n tafel en stoele vir etes en braaivleis, ook dekstoele.
Geriewe is: DSTV, DVD, gratis Wi-Fi-koppeling en kluis.
Tuinkothuis
Die kothuis is langs die tuin en is op 'n kleiner skaal as die res van die eiendom, (34m²) maar het basies dieselfde geriewe, soos DSTV, platskerm TV, DVD en gratis WI-Fi.
Daar is 'n aparte slaapkamer met 'n koningins-grootte bed, lessenaar en Tv.
Die oopplan eet/woon/kombuisie het 'n kroeg-yskas, mikrogolfoond, twee-plaat stofie en eetgerei vir twee persone.
Die badkamer is klein, met net 'n stort, wasbak en toilet.
Ons vriendelike huishulp, Zoliwe, diens die woonstel elke dag in die week en sal ook u wasgoed teen 'n nominale koste, doen.
Vanaf die lughawe:
- Neem die N2 na Kaapstad
- By Groote Schuur hospitaal (regs) maak seker dat u in die regterhandse baan beweeg vir die vurk vorentoe.
- Volg die tekens na die stad en V&A Waterfront
- Neem die Strandstraat-afrit (linkerhand-draai)
- Ry reguit aan oor Strandstraat, verby Adderley, St Georges, en Buitengracht-strate
- Strandstraat word nou High Level Road
- Ry vir nog 4 km
- Draai dan regs in St Johns Road, OHR SAMOYACH sinagoge is op die regterhandse hoek
- Draai skerp links by die 1ste stel verkeersligte, in Main Road, Seepunt
- 1ste Straat links in Irwinton Road
Barry Hall is nommer 6 - die eerste groot gebou aan die regterkant na die parkeergebied
Vanaf die lughawe:
- Neem die N2 na Kaapstad
- By Groote Schuur hospitaal (regs) maak seker dat u in die regterhandse baan beweeg vir die vurk vorentoe.
- Volg die tekens na die stad en V&A Waterfront
- Neem die Strandstraat-afrit (linkerhand-draai)
- Ry reguit aan oor Strandstraat, verby Adderley, St Georges, en Buitengracht-strate
- Strandstraat word nou High Level Road
- Ry vir nog 4 km
- Draai dan regs in St Johns Road, OHR SAMOYACH sinagoge is op die regterhandse hoek
- Draai skerp links by die 1ste stel verkeersligte, in Main Road, Seepunt
- 1ste Straat links in Irwinton Road
Barry Hall is nommer 6 - die eerste groot gebou aan die regterkant na die parkeergebied
Atlantic Seaboard of Cape Town Selfsorg Vakansie Woonstelle • Atlantic Seaboard of Cape Town Meer As 10 Gaste Verblyf • Atlantic Seaboard of Cape Town Troue Akkommodasie • Atlantic Seaboard of Cape Town Konferensie Akkommodasie • Atlantic Seaboard of Cape Town Interesante Blyplekke • Atlantic Seaboard of Cape Town Selfsorg Akkommodasie • Atlantic Seaboard of Cape Town Ster Gegradeerde Akkommodasie • Cape Town Selfsorg Vakansie Woonstelle • Cape Town Meer As 10 Gaste Verblyf • Cape Town Troue Akkommodasie • Cape Town Konferensie Akkommodasie • Cape Town Interesante Blyplekke • Cape Town Selfsorg Akkommodasie • Cape Town Ster Gegradeerde Akkommodasie • Fresnaye Selfsorg Vakansie Woonstelle • Fresnaye Meer As 10 Gaste Verblyf • Fresnaye Troue Akkommodasie • Fresnaye Konferensie Akkommodasie • Fresnaye Interesante Blyplekke • Fresnaye Selfsorg Akkommodasie • Fresnaye Ster Gegradeerde Akkommodasie • Sea Point, Cape Town Selfsorg Vakansie Woonstelle • Sea Point, Cape Town Meer As 10 Gaste Verblyf • Sea Point, Cape Town Troue Akkommodasie • Sea Point, Cape Town Konferensie Akkommodasie • Sea Point, Cape Town Interesante Blyplekke • Sea Point, Cape Town Selfsorg Akkommodasie • Sea Point, Cape Town Ster Gegradeerde Akkommodasie
Klik op die blou knoppie op die bladsy van 'n eiendom en ontvang kennisgewings sodra hulle 'n spesiale transaksie plaas!