Uvongo Chalets 19 is ‘n ruim, moderne selfsorg grondvloer vakansiewoonstel net oor die pad van die strand. Geniet die sonsopkoms en die maan se strale op die see vanaf die ruim patio met buitemeubels, ingeboude braai asook ‘n weber braai. Die seeuitsig is fantasties.
Die woonstel is ideaal vir gesinne op soek na ‘n ontspanne en veilige omgewing. Dit is veral geskik vir gesinne met kinders wat lekker in die tuin kan speel en gaste wat nie trappe magtig is nie.
Die woonstel is smaakvol versier en het slaapplek vir 4 volwassenes en 4 kinders.
Daar is 3 slaapkamers en 2 badkamers. Die hookslaapkamer het ‘n koningin groote bed en ‘n volledige en-suite badkamer. Slaapkamer 2 het ‘n dubbelbed end die 3rd slaapkamer het 2 stapelbeddens en is ideaal vir 4 kinders. Die tweede badkamer het ‘n stort, wasbak en toilet.
Die sitkamer het ‘n platskerm TV, ‘n DVD en ‘n DSTV koppelpunt met die Easy view kanale. Gaste kan hulle eie dekodeerder en simkaart saambring.
Die oop-plan kombuis is volledig toegerus met yskas/vrieskas, stoof met oond, mikrogolf, wasmasjien, tuimeldroer, ketel, broodrooster asook genoeg eetgerei en breekware.
Daar is ‘n toesluit motorhuis asook ‘n swembad in die kompleks. Daar is verskeie visvangplekke binne stapafstand van die woonstel.
Uvongo is die ideale basis vanwaar omliggende besienswaardighede soos Wild Coast Sun, Ushaka Marine World en Oribi Gorge besoek kan word.
Uvongo Self Catering Apartment, Flatlet Accommodation • Uvongo Self Catering Accommodation
Klik op die blou knoppie op die bladsy van 'n eiendom en ontvang kennisgewings sodra hulle 'n spesiale transaksie plaas!