Vans View is ‘n selfsorg vakansiewoonstel op die grondvloer van ‘n sekuriteits komplex 500m van die bekende Lucien Strand in Manaba. Die woonstel is ideaal vir gesinne op soek na gerieflike verblyf asook vir gesinne met kinders wat lekker in die privaat tuin kan speel en gaste wat nie trappe magtig is nie.
Hierdie is ‘n woonstel waar oud en jonk die vakansie en die fantastiese seeuitsig kan geniet.
Die sitkamer gaan uit op die patio en tuin met jou eie braai geriewe. Daar is ook ‘n gemeenskaplike braaiplek met tafels en stoele by die swembad.
Daar is ‘n platskerm TV en DVD in die sitkamer asook ‘n DSTV koppelpunt en die Easy view kanale, so bring jou eie dekodeerder en simkaart saam as jy jou normale TV kanale wil kyk.
Die woonstel het 2 slaapkamers en 2 badkamers, asook ‘n slaapbank in die sitkamer. Die hoofslaapkamer het ‘n dubbelbed en die en-suite badkamer het ‘n bad, wasbak en toilet. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens en die tweede badkamer het ‘n stort, wasbak en toilet.
Die oop-plan kombuis is goed toegerus met yskas/vrieskas, stoof met oond, mikrogolf, wasmasjien, ketel, broodrooster asook genoeg eetgerei en breekware.
Die woonstel het 1 onderdak parkeerplek en daar is ook ‘n parkeerarea vir waentjies. Daar is verskeie visvangplekke binne stapafstand van die woonstel.
Uvongo is die ideale basis vanwaar omliggende besienswaardighede soos Wild Coast Sun, Ushaka Marine World en Oribi Gorge besoek kan word.
Uvongo Self Catering Apartment, Flatlet Accommodation • Uvongo Self Catering Accommodation
Klik op die blou knoppie op die bladsy van 'n eiendom en ontvang kennisgewings sodra hulle 'n spesiale transaksie plaas!