Hierdie Skuilplek is 'n ou Viktoriaanse plaashuis, geleë op 560ha van die Groenfontein-vallei Natuurreservaat, 'n Wêreld Erfenisterrein.
U gaspaar, Grant en Marie, geniet dit om hulle gaste met die tradisionele Klein Kroo-gasvryheid te bederf. Die reuk van vars koffie sal u terug verwelkom na die oggend se wandeling vir 'n smaaklike ontbyt op die terras. Die aandetes, voorberei met Marie se persoonlike sorg, word gewoonlik in die someraande hier bedien. Vir vegetariërs en probleem-diëte word goed gesorg.
The Retreat het vier en-suites in twee bygeboue in die tuin met verstommende uitsig op die berge vanaf die terrasse. Ook vier gerieflike slaapkamers met eie badkamers in die hoofhuis, en voudeure na die stoep toe. Ons verwelkom ook kinders van alle ouderdomme.
The Retreat het 'n vol dranklisensie en het 'n voorraad van goeie wyne uit die omgewing. Vir diegene met egte oordeelkundige smaak is daar ook heelwat egte bergwyn, die verfrissende, kristalhelder water wat die huis voorsien met die huppelende strome wat vallende van die omliggende berge afstroom.
Neem 'n gemaklike agtermiddag se stappie in die lane van die Groenkloof-vallei, of op ons nuwe klipswembad-paadjie waar u kan stop vir 'n swem, of neem die meer energieke staproetes of fietspaaie in die verfrissende berglug.
Troeteldiere is welkom.
The Retreat in Groenfontein het die AA- Verblyftoekenning in 2003, 2004 en 2005 gewen en was in "Hall of Fame" vanaf 2006 tot en met 2010.
Calitzdorp District Bed & Breakfast Accommodation • Calitzdorp District Pet Friendly Accommodation • Calitzdorp District Wedding Venue Accommodation • Calitzdorp District Guest House Accommodation • Groenfontein Valley Bed & Breakfast Accommodation • Groenfontein Valley Pet Friendly Accommodation • Groenfontein Valley Wedding Venue Accommodation • Groenfontein Valley Guest House Accommodation
Klik op die blou knoppie op die bladsy van 'n eiendom en ontvang kennisgewings sodra hulle 'n spesiale transaksie plaas!