Stellenbosch Apartment is 'n twee-slaapkamer (slaap 4) selfsorg-woonstel naby aan die historiese midde-dorp van Stellenbosch. Dit is 'n woonstel op die grondvloer en het 'n pragtige tuin met braaigeriewe.
Veilig en beskut (diefwering met veiligheidshekke by al die buitedeure). 'n goed toegeruste kombuis met 'n wasmasjien. Televisie, Wi-Fi en telefoon. Bakamer met stort/bad. Veilige (afstandbeheer) parkering vir 2 voertuie direk buite die woonstel.
'n Kort stap-afstand na die middedorp (winkels en restaurante), Universiteit se hoofkampus, Universiteit se sport-geriewe en swembad (Coetzenburg), Botaniese tuine. Sentraal geleë vir wynplase, strande, gholfbane en ander streeks-aanloklikhede soos Hermanus, Franschhoek, Paarl, Kaap-Punt, Kaapstad (Tafelberg en Waterfront).
30 Minute vanaf Kaapstad se Internasionale Lughawe.
Lughawe-vervoer kan gereël word. Die eienaars is altyd beskikbaar om hul gaste met hulle planne te help.
Stellenbosch Self Catering Apartment, Flatlet Accommodation • Stellenbosch Self Catering Accommodation
Klik op die blou knoppie op die bladsy van 'n eiendom en ontvang kennisgewings sodra hulle 'n spesiale transaksie plaas!