Sanlameer Villas is geleë op die pragtige en bekende Parklands 18 putjie gholfbaan-landgoed, met 'n Klubhuis en Dek met ‘n uitsig, op die Laer Suidkusweg in KwaZulu-Natal. Dit bied alles wat u nodig het vir 'n onvergeetlike vakansie wat altyd onthou sal word. Margate lughawe is ongeveer ‘n 15 minute rit weg. Alle naby geleë aktiwiteite wat u kan besoek is in die South Coast Explorer.
Afgesien van die gholfbaan is daar ook 'n 9 putjie Mashie-baan en 'n dryfbaan. Die Mondazur 4 Star Resort-hotel en Camelot day Spa is op die landgoed asook die Lagoon Grill Restaurant, met konferensie- en huwelik fasiliteite.
Daar is ook:
Swembaddens, ‘n Kinder speelpark, Biblioteek, Spar Superette, Tennisbane, Muurbalbane, Rolbalbane, Beach Bites kiosk en uitsigdek is geleë by die veiligheidshek wat na die Blouvlagstrand met lewensredders en -nette gaan, Beach Restaurant, gety-swembad, Strandmeer met paddle-bote en Kano's, staproetes binne die landgoed, Vlugbal, Klereboetiek, skoonmaakdiens en wasserye, 24 uur toegangsbeheer, sekuriteitspatrollies, sekuriteitstelsel.
Villa 3010 is 'n ruim en-suite-tweeslaapkamer, met twee badkamers (stort en bad sowel as buite stort ). Die Villa is geskik vir 4 persone en is langs die strandmeer. Daar is 'n oopplan-kombuis, 'n aparte sitkamer met DStv,asook braaigeriewe, met 'n klein privaat tuin op die twee ruim stoepe en 'n opwaskamer. Onderdakparkeerplek en gasteparkeerplek is beskikbaar.
San Lameer Self Catering Apartment, Flatlet Accommodation • San Lameer Self Catering Accommodation
Klik op die blou knoppie op die bladsy van 'n eiendom en ontvang kennisgewings sodra hulle 'n spesiale transaksie plaas!