GROOT-BRAKRIVIER Ocean View is 'n verruklike dubbel-verdieping selfsorg-huis naby Glentana. Dit is geleë op die Tuinroete, langs die Suidelike kus van Suid-Afrika. Dit bied onbeperkte Wi-Fi sowel as batteryrugsteun vir beurtkrag.
Ontsnap na hierdie ongerepte, skilderagtige dorpie waar die enigste geluide wat u kan hoor, die geroep is van die seemeeue en die stem van die see. Geleë in 'n toegang-beheerde Natuurreservaat, tussen Mosselbaai en George. Ocean View het 'n asemrowende uitsig op die see en die verstommende plantegroei van die Tuinroete. Selfs in die spitsseisoen is u ver weg van die malende menigtes, tog slegs 10min vanaf George Lughawe en 20min van die beste restaurante, inkopiesentrums en winkels van George en Mosselbaai. U het maklike toegang tot al die vermake wat die Tuinroete bied. Dit is die bes bewaarde geheim van die Tuinroete.
Occean View is 'n splinternuwe onderneming, gemeubileerd met die hoogste standaarde en die aandag op besonderhede en 'n sterk Europiese elegansie. Dit is in 'n doodloop-straat geleë, minder as 50m vanaf die onbesoedelde strand wat vir baie kilometers strek, vanaf Glentana tot by Mosselbaai. Beide die grond en eerstevloer-eenhede het glasdeure na 'n eie hout-dek. Dit is sonnig, helder en lugtig en met al die nodige geriewe toegerus. Eietyds in ontwerp, maar tog ontspannend en verwelkomend. Hierdie is 'n huis wat saamsmelt met sy omgewing - ideaal om die sondeurdrenkte somerdae op die dek deur te bring en om u in die uitsig te verlustig. Dit is inderdaad luuksheid!
Verblyf
Ocean View bestaan uit twee eenhede C-Breeze en Driftwood, wat saam, of apart, gehuur kan word afhangende van die grootte en besonderse behoeftes van u groep.
Elke eenheid is toegerus vir die verblyf van 4 persone en bied die volgende:
Vermake in die omgewing
Gholfbane naby
Bothastrand, Groot Brakrivier Selfsorg Vakansie Woonstelle • Bothastrand, Groot Brakrivier Selfsorg Huis / Kothuis Verblyf • Bothastrand, Groot Brakrivier Selfsorg Akkommodasie • Bothastrand, Groot Brakrivier Ster Gegradeerde Akkommodasie • Glentana Selfsorg Vakansie Woonstelle • Glentana Selfsorg Huis / Kothuis Verblyf • Glentana Selfsorg Akkommodasie • Glentana Ster Gegradeerde Akkommodasie • Groot Brakrivier Selfsorg Vakansie Woonstelle • Groot Brakrivier Selfsorg Huis / Kothuis Verblyf • Groot Brakrivier Selfsorg Akkommodasie • Groot Brakrivier Ster Gegradeerde Akkommodasie • Mossel Bay Area Selfsorg Vakansie Woonstelle • Mossel Bay Area Selfsorg Huis / Kothuis Verblyf • Mossel Bay Area Selfsorg Akkommodasie • Mossel Bay Area Ster Gegradeerde Akkommodasie
Klik op die blou knoppie op die bladsy van 'n eiendom en ontvang kennisgewings sodra hulle 'n spesiale transaksie plaas!