North Beach Durban Holiday Home bied lieflike verblyf in Durban se North Beach-omgewing. Dit is ideaal vir 'n vriendegroep of 'n gesin wat op soek is na verblyf waar hulle lekker kan ontspan.
Die woonstel het 2 ruim slaapkamers met 'n koningingrootte-bed in die hoofslaapkamer en 2 enkelbeddens in die tweede slaapkamer. Die kamers deel 1 badkamer. Die ruim leefarea bestaan uit 'n gerieflike sitkamer en 'n balkon met 'n volledig toegeruste kombuis vir al jou selfsorgbehoeftes.
Die kompleks het 'n swembad waarin gaste kan baljaar tydens die somermaande, en daar is 24 uur-sekuriteit en parkeerplek op die perseel vir jou gemoedsrus.
Die strand en Suncoast Casino is net 'n klein entjie se stap van ons af en ons is ook binne stapafstand van die strand, winkels en Moses Mabhida Sokkerstadion. Dit is ook naby verskeie supermarkte, uShaka Marine World, Durban Harbour, en 'n kort entjie se stap van die Moses Mabhida Sokkerstadion af. Durban ICC (Internasionale Konferensiesentrum) is slegs 5 minute se ry van ons af.
Durban Area Self Catering Apartment, Flatlet Accommodation • Durban Area Interesting Place Accommodation • Durban Area Self Catering Accommodation • Durban Beachfront Self Catering Apartment, Flatlet Accommodation • Durban Beachfront Interesting Place Accommodation • Durban Beachfront Self Catering Accommodation
Klik op die blou knoppie op die bladsy van 'n eiendom en ontvang kennisgewings sodra hulle 'n spesiale transaksie plaas!