Op soek na 'n stil wegbreek met fantastiese uitsig? Hierdie groot, stylvolle huis het uitsig oor die Hermanus-strandmeer en is ideaal vir enige watersport-entoesias. Geleë tussen Hermanus en Stanford, net 'n hanetree weg van Hermanus Seiljagklub. Gerieflik geleë om weg te kom van die geraas en die lawaai, maar tog net 10 minute se reistyd na die pragtige strande en restaurante in Hermanus.
Die oopplan kombuis is goed toegerus met 'n mikrogolfoond, 'n wasmasjien, en skottelgoedwasser. Die eetgebied het grieflike sitplek vir 8 persone. 'n Groot woongebied met 'n kaggel lei na 'n groot buite houtvloer-balkon, om een hoek van die huis, met verstommende uitsigte!! Baie ideaal vir binne- en buite-onthale!
Die hoofslaapkamer, op die eerste vloer met vol badkamer, het 'n uitsonderlike uitsig oor die meer en berg. Die tweede slaapkamer, met eie badkamer, maak oop na die balkon, maar het ook 'n buite-bad vir 'n romantiese warm borrelbad saans onder die sterrehemel.
Die derde slaapkamer het 'n gaste-badkamer met 'n stort.
Kom, ontspan, raak rustig en kyk na die voëls, gaan ry met 'n fiets, of gaan vir 'n wandeling. Gaan besoek die ouderwets-historiese dorp Stanford. Daar is wynroetes om te verken, 'n bekroonde kaasplaas met kontak-plaasdiere vir die kinders, walvis-kyk in Hermanus en haaiduik in Gansbaai.
Kom net! Kom en geniet dit!
Hermanus Area Selfsorg Huis / Kothuis Verblyf • Hermanus Area Selfsorg Akkommodasie • Hermanus Lagoon Selfsorg Huis / Kothuis Verblyf • Hermanus Lagoon Selfsorg Akkommodasie • Stanford Selfsorg Huis / Kothuis Verblyf • Stanford Selfsorg Akkommodasie
Klik op die blou knoppie op die bladsy van 'n eiendom en ontvang kennisgewings sodra hulle 'n spesiale transaksie plaas!