Ons bied luukse, 4-ster selfsorg-verblyf by Karoo View Cottages, tesame met die 'tuis van huis'-geriewe, ingeslote die gesondheids-ontbytgeregte, gratis, onbeperkte Wi-Fi in die publieke gebied, lugversorgers, kaggels, swembaddens en braaigebied, uitsig op Prins Albert, 350m weg met die pragtige uitsig op die Swartberg en Karoovlaktes.
Indien u droom van wye, oop vergesigte, wonderlike uitsigte met vrede en kalmte, sonsopkomste, sonsondergange, sterreprag, voëlkyk, die natuur, fietsry of stap?
Indien wel, nooi Howard and Marion u uit om dit te ervaar en deel te word van hulle droom wat hulle elke dag uitleef in die sonderlinge Karoodorpie, Prins Albert in die Groot Karoo. "In die middel van nêrens, maar tog naby aan êrens".
Ons Karoo View House is fantasties vir groepsbesprekings/gesinne van 6 of groter in drie lugversorgde slaapkamers met eie badkamers, eie swembad, braaigeriewe, kaggels ruim woon/eetgebiede met pragtige uitsigte.
Stap na binne en ontdek dan die smaakvolle versierde binnekant met baie aandag verleen aan besonderhede, insluitend die dubbel rietplafon in die 72m² oopplan woongebied en slaapkamers met lugversorging en groot Karoo-houtkaggels. Ruim privaat badkamers, 'n groot, ten volle toegeruste kombuis en privaat ingang met veilige parkering by u voordeur.
Ontspan en skakel af na u reis. Geniet 'n skemerkelkie op u stoep, of in die klipboma, wat ten volle toegerus is met braaigeriewe, terwyl u die wonderlike verandering van die aandskemering geniet as die maan oor die Swartberg opkom.
Twee van die kothuise is werklik geskik vir rolstoele met maklike toegang van die voertuig tot binne die eenheid, 'n groot inrolstort met handrelings, terugvoustoel, handstort asook handrelings by 'n snellerstort langs die toilet. Selfs die stoep het 'n oprit vir 'n rolstoel.
Ons huisgeriewe sluit die volgende in:
Verblyf in Karoo View Cottages:
Veilige en beskutte parkering binne u privaat ingang, verleen maklike toegang tot u ruim 72m² moderne oopplan Karoo-kothuis. Dit het dubbel rietplafonne, 'n Karoo-houtkaggel, lugversorging, muskietnet met al u "tuis van huis"-geriewe. Kinders is welkom, asook troeteldiere indien so gereël.
Beddens met heup-ondersteuning is volledig met pragtige hoë gehalte linne, 'n luukse duvet, 100% katoen bedsprei, 'n elektriese kombers met u keuse van bed-grootte.
'n Geteëlde privaat badkamer met óf 'n groot stort óf 'n bad met hy/sy smuk-benodigdhede, badlakens, japonne, haardroër, skeer-kragpunt, muurverwarmer, snellerstort en natuurlike olyf-badgeriewe.
2 Badkamers is rolstoel-vriendelik met maklike toegang, 'n groot oop stort met handrelings, 'n spesiale sitplek, 2 stortkoppe en handrelings langs die toilet.
Groot kombuis wat ten volle toegerus is met alles wat u sou gebruik in geval van 'n groot onthaal, insluitend 'n koffie-perkoleerder, 'n mochapot en 'n toebroodjie-maker. Bed en ontbyt-voorrade, vars melk en vrugtesap van Gayes Dairy en "regte koffie" wat daagliks aangevul word, insluitende skoonmaakdiens van u kothuis.
Die woon en eetgebiede is luuks, tog huislik, met aandag aan die besonderhede in alle aspekte, insluitend 'n platskerm-Tv en gratis Wi-Fi.
Ontspan op u stoep en kyk na die gedurige veranderde skadus op die Swartberg as die maan opkom, of ervaar ons magiese stergevulde-hemel, terwyl u luister na die krakende vuur in die boma of in u privaat braaigebied, almal ten volle toegerus, wat brandhout, aanstekers en fynhoutjies insluit en elke dag aangevul word. Bestel vooraf 'n braai-pakket en kies kruie en groente met ons komplimente, uit ons organiese tonnel.
As die dag breek, luister na die geroep van die uile en word wakker met die gekwetter van die voëls as die son oor die Robbert Gordonkoppie opkom terwyl u die pragtige Karoo-uitsig in alle rigtings kan geniet, soos geen ander in die dorp nie.
Die kothuise het direkte toegang na ons natuurlike inheemse veld met voetpaadjies wat u sal lei na 'n reis van verkenning, terwyl u soek na merke van ysgletsers, pragtige voëls, interessante insekte en verstommende plante.
Al 4 kothuise is toegerus met die volgende vir u gemak en gerief:
3 Graansoorte, insluitende tuisgebakte Muesli, tuisgebakte beskuit, Prins Albert-Heuning, tuisgemaakte marmelade & konfyte. Nescafe-koffie, gemaalde Koffiebone vir die Perkoleerder, 5-Rose en Rooibostee. Wit, bruinsuiker & versoeters. Vars melk en vrugtesappe van ons plaaslike melkery & gefiltreerde water, waarvan alles daagliks aangevul word. Sout, peper, Spray n Cook, papierservette, papier-handdoeke, tandestokkies, vloeibare skottelgoedseep, wasvadoeke en afdroog-vadoeke.
Die kombuise is ten volle toegerus, insluitend: 4-plaat gasstoof met 'n elektriese oond, mikrogolfoond, groot yskas met baie vries-spasie en 1 kothuis het 'n skottelgoedwasser.
Die woon/eetgeriewe is ruim met gerieflike sitplek vir 6 persone. 'n Mandjie brandhout, aanstekers en fynhoutjies.
Ons bied u 'n keuse van bed-groottes, afhangende van beskikbaarheid: Ekstra groot koning, koningin, ekstra groot enkel, dubbelbed, slaapbank, ekstra groot enkelbeddens - op versoek, asook 'n baba-kot met hoë gehalte bedlinne met ekstra kostes. Ekstra kussings, komberse, kniekombersies en baie hangers.
Twee kothuise het dubbeldeure tussen die huise, terwille van gesinne en vriende se samesyn. Noodlampe, lanterns, kerse en aanstekers en ook 'n elektroniese kluis.
Muskiet-afweermiddel, sprei en privaat-noodgeriewe, olyfsjampoe, opknapper, alles-in-1, vloeibare handeseep, badkristalle, hand- en lyfroom, kamer- en linne-verfrisser en olyfseep.
Ekstra, veilige, op terrein parkeerplek is beskikbaar vir sleepwaentjies, motorfietse, bergfietse en woonwaens met inprop-geriewe.
Gebruik van wasmasjien - wasgoed seeppoeier, draagbare wasgoed-draad en pennetjies word voorsien. Wasgoeddiens is gedurende die stilseisoen beskikbaar teen addisionele koste.
Gebruik van DVD speler en 'n biblioteek met pragtige Karoo-boeke.
Die boma is toegerus met alles wat jy nodig het: braairoosters, braaitange en aanstekers, vuurmaakhout en vuur-aanstekers/Blitz en fynhoutjies - dit word daagliks aangevul asook genoeg sitplek en tafels - groot, vir groter groepe, insluitend sambrele en swembad-etes - bring slegs u eie swemhanddoeke.
Organiese tonnel waar u welkom is om u eie slaaigroente en kruie met ons komplimente, te pluk. Dit is egter seisoensgebonde.
'n Verwelkomings hy/sy geskenk - welkom verversing - inligtingbrosjure pakkies.
Stoep-eenheid is privaat en totaal onafhanklik:
Karoo View House, het 3 ruim slaapkamers met eie badkamers vir 6 persone en ekstra plek in elke slaapkamer en solder-area.
Houtkaggels, warm kunskaggel & lugversorgers in 3 slaapkamers en woongbiede.
Enorme oopplan, woongebied met Tv, DSTV met gasvryheids-pakket en al die sportkanale ingesluit, 'n groot oopplan, eetgebied en 'n aparte gaste-toilet.
'n Ten volle toegeruste oopplan, plaas-tipe kombuis, twee 50m² stoepe, swembad en braaigebied.
Die oopplan-uitleg van die huis spog met dubbel rietplafonne regdeur, dus, koel in die somer en warm in die winter, glas-skuifvensters voorsien 'n pragtige uitsig in elke rigting en met noord/suid-uitsig stoepe wat lei na die hoof-leefareas.
Slaapkamer 1: 2 persone - Ekstra enkelbeddens mag bygevoeg word indien nodig.
Slaapkamer 2: 2 Persone - Ekstra enkelbeddens mag bygevoeg word indien nodig.
Kamer no 3: Ons stoepeenheid is 50m² en is self-onderhoudend, slaap 2/3 persone in 'n oopplan met en-suite slaapkamer:
Noordstoep: 50m² uitsig na Karoovlaktes vir honderde kilometers, ingeboude braaiplek, kroeg-gebied, swembad, toegemaakte privaat tuin, woon/eet-gebied.
Suidstoep: Neem asseblief kennis indien die stoep-eenheid bespreek is, sal hierdie stoep nie vir ander gaste beskikbaar wees nie.
50m², uitsig oor Port Alfred en die Swartberg, ontspannings-woongebied, biblioteek en dagbed.
Parkering en Sekuriteit:
Veilig, beskut op terrein
Dubbel kar-afdak naby die huis met ekstra parkering
Die eiendom is totaal omhein en die huis het 'n alarm met 24uur bewapende reaksie-eenheid.
Die volgende is vir u gerief voorsien:
Wit, hoë gehalte poli-katoen linne, 100% katoen komberse, bedsprei, muskietnette.
Elektriese komberse, anti-allergie duvet & kussing-voerings, badlakens, handdoeke, swemhanddoeke.
Badkamer toiletware, muskiet-afweersprei en smeermiddel, sneesdoekies, 'n privaat noodpak, haardroër.
Tv en DSTV gasvry-pakket - met alle sportkanale, verskeie DVD's, bordspeletjies en 'n skaakstel.
Gratis, onbeperkte WI-Fi en uitstekende selfoon-ontvangs.
'n Mandjie met vuurmaakhout, fynhoutjies, aansteker, vuurhoutjies, braairooster en tange.
Kombuis-papierhanddoeke, servette, was-vadoekies, afdroog-vadoeke, vloeibare skottelgoedseep, skottelgoedwasser-tablette, wasgoedpenne, noodlampe, lanterns en lampolie.
Kies u eie vars groente en kruie van ons organiese tonnel, agter ontvangs - seisoens-gebonde vir wat beskikbaar is.
Ons sal u graag met die volgende voorsien, met ekstra koste:
Ekstra vuurmaakhout en Blitz, daaglikse skoonmaakdiens, persoonlike wasgoed, karwas, braai-mandjies wat pragtige Karoo-lekkernye insluit en u kruideniers-inkopies
Karoo View Cottages is geleë in Prins Albert. Hierdie sonderlinge dorp in die Wes-Kaap, lê aan die voet van die Swartberg. Dit is ook die skeidslyn tussen die Klein en Groot-Karoo. Ons is geleë aan die noordelike kant van Prins Albert, 350m vanaf die hoofstraat met uitsig oor die dorp. Die pad is geteer.
Vanaf die N1 -
Al die paaie is geteer, in goeie toestand met pragtige uitsig oor die Karoo-landskap en berge.
Vanaf die Ooskus
Al die paaie is geteer, met die uitsondering van die Swartbergpas, wat in 'n goeie toestand is, behalwe wanneer dit gesneeu het. (Daar sal kennisgewings aan beide kante van die berg wees om u te adviseer as die pad gesluit is).
NB: Geen woonwaens word oor hierdie pas toegelaat nie.
Karoo View Cottages is geleë aan die noordelike kant van Prins Albert, 350m weg van die hoofstraat, met uitsig oor die dorp.
GPS; 33°13'08.60"S / 22°01'26.9"E
Karoo View Cottages - Magrieta Prinsloo-pad
Karoo View Cottages is geleë in Prins Albert. Hierdie sonderlinge dorp in die Wes-Kaap, lê aan die voet van die Swartberg. Dit is ook die skeidslyn tussen die Klein en Groot-Karoo. Ons is geleë aan die noordelike kant van Prins Albert, 350m vanaf die hoofstraat met uitsig oor die dorp. Die pad is geteer.
Vanaf die N1 -
Al die paaie is geteer, in goeie toestand met pragtige uitsig oor die Karoo-landskap en berge.
Vanaf die Ooskus
Al die paaie is geteer, met die uitsondering van die Swartbergpas, wat in 'n goeie toestand is, behalwe wanneer dit gesneeu het. (Daar sal kennisgewings aan beide kante van die berg wees om u te adviseer as die pad gesluit is).
NB: Geen woonwaens word oor hierdie pas toegelaat nie.
Karoo View Cottages is geleë aan die noordelike kant van Prins Albert, 350m weg van die hoofstraat, met uitsig oor die dorp.
GPS; 33°13'08.60"S / 22°01'26.9"E
Karoo View Cottages - Magrieta Prinsloo-pad
Prince Albert Self Catering House, Cottage, Chalet Accommodation • Prince Albert Pet Friendly Accommodation • Prince Albert Wheelchair Friendly Accommodation • Prince Albert Quad/4x4/Bike Trails Accommodation • Prince Albert Sleeps 10 or More Accommodation • Prince Albert Wedding Venue Accommodation • Prince Albert Interesting Place Accommodation • Prince Albert Self Catering Accommodation • Prince Albert Star Graded Accommodation
Klik op die blou knoppie op die bladsy van 'n eiendom en ontvang kennisgewings sodra hulle 'n spesiale transaksie plaas!