HIGH TIDES, CHAKA’S ROCK:
Die eksklusiewe kompleks van Marichel het net 12 eenhede en hierdie is een van die ruim woonstelle, met ‘n asemrowende uitsig oor die strand en see. Marichel is geleë reg bo die populêre Thompsons Bay strand met ‘n groot gety swembad.
Die gety swembad is baie gewild vir oseaan lewe en is omtrent ‘n olimpiese swembad grootte. Die hoof strand voor die kompleks het lewensredders gedurende die piek tye en naweke. Toegang tot die strand is direk vanaf die kompleks.
Hierdie is ‘n pragtige, moderne eenheid met 4 dubbel slaapkamers, elkeen met sy eie badkamer, wat kwaliteit akkommodasie bied op die Noordkus.
Leef areas is baie ruim met ‘n aparte TV kamer. Die kombuis, eetkamer en sitkamer loop almal uit op die baie groot stoep met buite kuier- en braai fasiliteite.
Die kombuis bied alle modern fasiliteite insluitend ‘n skottelgoedwasser, wasmasjien en tuimeldroeër. Volle DSTV en onbeperkte WiFi is ingesluit, asook ‘n nood elektriese ondersteuning stelsel.
Parkering is volop en die eenheid het sy eie dubbel garage. Die kompleks se swembad is naby en die huishoudster kom elke werkende weeksdag in om skoon te maak.
Bad- en strand handdoeke word voorsien en alle linne is goeie kwaliteit wit katoen.
Ballito Area Selfsorg Vakansie Woonstelle • Ballito Area Rolstoel-vriendelike Akkommodasie • Ballito Area Interesante Blyplekke • Ballito Area Selfsorg Akkommodasie • Chakas Rock / Shakas Rock Selfsorg Vakansie Woonstelle • Chakas Rock / Shakas Rock Rolstoel-vriendelike Akkommodasie • Chakas Rock / Shakas Rock Interesante Blyplekke • Chakas Rock / Shakas Rock Selfsorg Akkommodasie
Klik op die blou knoppie op die bladsy van 'n eiendom en ontvang kennisgewings sodra hulle 'n spesiale transaksie plaas!