Gelee op die uitgestrekte 5km lang gou strand van Stilbaai Oos, net agter die hoof blouvlag swemstrand.
DIGBY Stilbaai familie strandhuis is die perfekte plek om te ontspan en van alle sorges en kwale te vergeet. Dit bied iets vir almal in die familie. Van rustige sonsondergang wandelinge langs die strand tot n wind beskermde peuter veilige braai op die agterstoep. Vir aktiewe mense is daar fantastiese, kitesurfing, surf, kayak, hengel en swem geriewe reg voor die huis. Stilbaai lagoon is ook goed vir waterski en MTB entoesiaste kan n lekker sirkel roete al langs die lagoon op volg. Daar is ook n goeie 9 putjie golfbaan.
Die gemaklike strand huis het 6 goed toegeruste slaapkamers. Daar is n groot TV kamer met DSTV premium, n volledig toegeruste kombuis, groot eetkamer en voor en agter stoepe waar jy die son en strand plesier behoorlik kan ineem en geniet.
By DIGBY familie strandhuis kom familie en vriende bymekaar om n onvergeetlike wegbreek saam te geniet.
Still Bay Self Catering House, Cottage, Chalet Accommodation • Still Bay Sleeps 10 or More Accommodation • Still Bay Self Catering Accommodation
Klik op die blou knoppie op die bladsy van 'n eiendom en ontvang kennisgewings sodra hulle 'n spesiale transaksie plaas!