Crooked Tree Cottage,is ‘n pragtige Bed en Ontbyt akkommodasie wat in die hart van Umhlanga, Durban Kwazulu Natal, geleë is. Umhlanga is een van die premier vakansie akkommodasie / toeriste “hotspots” in Suid-Afrika! Dit is letterlik 'n klipgooi weg van Umhlanga Village met sy blou vlag- status strande. Gateway “Theatre of Shopping” is net 2 minute se ry weg en Durban middestad en die Internasionale Konferensie Sentrum is sowat 15 minute se ry. Umhlanga se “New Town Centre” en La Lucia Ridge kantoor park is reg op ons voorstoep. Omdat dit naby aan beide die M4 en die N2 hoofweë is, is toegang tot Durban en die res van KZN uiters maklik en doeltreffend. Dit maak dit 'n ideale verblyf- plek vir beide vakansiegangers en sakelui.
Akkommodasie:
Die akkommodasie bestaan uit 'n 3 kamer huisie en 3 Studio suites, wat almal die grootste deel van die jaar, as bed- en ontbyt akkommodasie verhuur word. Die huisie kan 6 tot 7 gaste akkommodeer en die studio-eenhede kan 2 volwassenes per suite akkommodeer. Kamer 4, is geskik vir akkommodasie vir ‘n gesin met 2 klein kindertjies.
Die kothuis is smaakvol versier en het 'n goed toegeruste kombuis en 'n ruim eetkamer en sitkamer area wat oopmaak op 'n balkon met ‘n see uitsig. Daar is 'n dek- area met sitplek by die ingang van die kothuis en braaigeriewe is beskikbaar op aanvraag.
Kamer 1: Konings grootte / tweeling bed, en- suite stort, kyk uit oor die see.
Kamer 2:Dubbelbed, en- suite stort, see uitsig.
Kamer 3: Dubbelbed, en suite- stort oor bad, private ingang.
Kamer fasiliteite:
Lugversorging, tee / koffie fasiliteite, haardroërs, Tv, DStv, DVD-speler en “Wireless” toegang tot die Internet
Kamer 4, 5, 6
Die elegant versierde Studio suites is apart van die huis en het hulle eie ingange. Elkeen het 'n goed toegeruste kombuis en ‘n en -suite stort, kamer 4 het 'n stort oor die bad. Elke suite het 'n koning grootte bed wat verdeel kan word in twee enkel. Elke eenheid loop uit op ‘n balkon met ‘n uitsig oor die swembad en 'n pragtige uitsig oor die see.
Fasiliteite:
Ontbyt:
Vir die gaste wat op 'n bed en ontbyt- basis bespreek : ‘n Volle Engelse- of Kontinentale ontbyt word aangebied. Die kos is afkomstig van die beste verskaffers wat die beste gehalte ontbyt verseker.Vrugte slaaie of “platters” word bedien met elke ontbyt. Jy word wakker met die reuk van vars koffie elke oggend!
Aktiwiteite:
Crooked Tree is naby aan twee hoofpaaie, die N2 en die M4, wat toegang tot enige plek in Kwazulu Natal bied.
Daar is baie toeriste- aktiwiteite vir diegene wat daarin geinteresseerd is, en dit is ook naby aan die middestad van Durban, en die Durban Internasionale Konferensie Sentrum vir Sakelui. Net 'n paar van die aktiwiteite is:
Wat ookal die rede, Crooked Tree Cottage is die plek om te bly. So kom, en geniet ons gasvryheid en ons pragtige subtropiese klimaat.
Umhlanga Area Bed & Breakfast Accommodation • Umhlanga Area Guest House Accommodation • Umhlanga Rocks Bed & Breakfast Accommodation • Umhlanga Rocks Guest House Accommodation
Klik op die blou knoppie op die bladsy van 'n eiendom en ontvang kennisgewings sodra hulle 'n spesiale transaksie plaas!