Die Blue Robin is 'n nuut opgeknapte STRANDFRONT vakansie-huis. Dit het 'n uitsig op wat een van die wêreld se mooiste tonele van Kaapstad is.
Die onbelemmerde uitsig dra by tot 'n verfrissende see-uitsig wat 'n rustige en 'n spanningsvry omgewing bied.
Hierdie strand-eiendom spog met 3 slaapkamers en 2 badkamers, elk met 'n bad en aparte stort.
Dit is smaakvol gemeubileer in 'n ontspanne en rustige styl en het al die moderne geriewe (insluitende beddegoed/handdoeke) en bied gerieflike verblyf vir tot 8 gaste.
Die ruim oopplan kombuis/woongebied bied die wonderlike ervaring om in 'n huis te bly waar die groot skuifdeur en vensters oopmaak na die asemrowende uitsig op Tafelberg, oor Tafelbaai, Kaapstad se hawe en Robbeneiland.
Geniet 'n skemerkelkie of 'n braai op die ruim balkon wat teen die wind beskerm is, terwyl u uitkyk oor die Atlantiese oseaan, prakties op u voorstoep.
Baie gerieflik geleë aan die voorpunt van Bloubergstrand.
Loopafstand na restaurante, koffiewinkels en die MyCity busroete en slegs 'n kort entjie se ry na die middestad van Kaapstad, die lughawe en die Weskus-Nasionalepark.
Kenmerke
Parkering op terrein in 'n veilige omgewing; Rolstoel toegang slegs na die hoofslaapkamer, badkamer, woon/kombuis gebied; Volle sekuriteits-alarm; Jet-master kaggel; Tv, DVD en DSTV in woongebied; Tv in hoofslaapkamer; die huis word daagliks gediens.
Bloubergstrand Self Catering House, Cottage, Chalet Accommodation • Bloubergstrand Interesting Place Accommodation • Bloubergstrand Self Catering Accommodation • Bloubergstrand Area Self Catering House, Cottage, Chalet Accommodation • Bloubergstrand Area Interesting Place Accommodation • Bloubergstrand Area Self Catering Accommodation • Cape Town Self Catering House, Cottage, Chalet Accommodation • Cape Town Interesting Place Accommodation • Cape Town Self Catering Accommodation
Klik op die blou knoppie op die bladsy van 'n eiendom en ontvang kennisgewings sodra hulle 'n spesiale transaksie plaas!