Selfsorg woonstel op Dolfynkus, Ballito, Noordkus, Kwazulu-Natal, Suid-Afrika - Dakwaaiers, alle slaapkamers en woonkamer
Billik! Sien dolfyne swem!
Heerlike warm klimaat ook in Winterseisoen.
Bermuda is 'n moderne Kompleks tussen Louis Luyt se kompleks en La Montagne Tyddeel Hotel
OP HOOFSTRAND "Willard Beach"
Vanaf balkon het mens 'n pragtige uitsig op die see en sien mense baljaar in die branders!
Goeie sekuriteit, elektroniese hekke, onderdak parkering.
Swembad met braaifasaliteiete. Hierdie eenheid het direkte private toegang tot Promenade, (geplaveide wandelpad) wat al langs die strand loop (5 km).
Bermuda 202 is 'n goed toegeruste 3 slaapkamer grondvloer eenheid, by gerieflike fasaliteite, oa
n winkelsentrum wat 'n Friendly Grocer, wegneemetes, OTM, restaurante ens insluit.
Bermuda 202 bestaan uit 'n netjiese goed toegeruste semi-oopplan kombuis aangrensend na
oopplan eet/sitkamer met 'n platskerm TV en DSTV.Die sitkamer loop uit op 'n groot balkon
(34 vk meter), veilig met trellideur.
Die hooslaapkamer, met dubbelbed, het ook direkte toegang tot balkon. Die ander 2 slaapkamers
is toegerus met 2 enkelbeddens elk. Die badkamer het 'n bad, met stort, wasbak en toilet. Daar is
ook 'n aparte gaste-toilet.
Die eenheid word daagliks gediens (behalwe Sondae en opoenbare vakansiedae).
Fasiliteite
Ballito Area Self Catering Apartment, Flatlet Accommodation • Ballito Area Self Catering Accommodation • Ballito Central Self Catering Apartment, Flatlet Accommodation • Ballito Central Self Catering Accommodation
Klik op die blou knoppie op die bladsy van 'n eiendom en ontvang kennisgewings sodra hulle 'n spesiale transaksie plaas!