Ontsnap van die spanning van die stadslewe en kom na 'n plek gevul met voëlsang, waar die pas ontspanne, rustig en van hoë kwaliteit is! Audrey's Vineyard Cottage & Homestead is op 'n aktiewe wynplaas in die skilderagtige Nuy-valley, aan die voet van Langeberg, tussen Worcester en Robertson op roete 62 en die Worcester-wynroete.
Ontspan op die stoep met 'n glas wyn of 'n koppie stomende koffie terwyl u die sonsondergang oor die wynlande geniet. Luister na die geroep van die tarentale of later, die uile terwyl u die kristal-helder sterrenag geniet... 'n ontspannende ervaring sonder gelyke, terwyl u die geleentheid het om te ontspan en van alles te vergeet.
Audrey's Vineyard Cottage & Homestead is die ideale plek vir 'n gesinsvakansie of vir paartjies wat graag kwaliteit tyd saam wil spandeer, om dan daarna jubelend en verfris te vertrek!
Geniet dit om na die voëls te kyk, gaan stap of draf op die plaas, ry bergfiets. Daar is staproetes, kano-vaarte, hengel en rivier-bootritte tussen skouspelagtige natuurtonele. Wynproe-geleenthede by bekroonde wynkelders wat naby is, olywe by die olyf-landgoed, of gaan eet by die omliggende restaurante of by die nabygeleë kantien.
Verblyf
Die Homestead is die oorspronklike Victorianse plaashuis, gebou in 1892 onder eikebome, langs 'n dam wat oor die wingerde uitkyk. Daar is 5 slaapkamers met slaapplek vir 10 persone (4 badkamers, 2 privaat). Dit het 'n groot woonvertrek met 'n kaggel en 'n groot toegeruste kombuis met 'n mikrogolfoond en stoof. Twee slaapkamers het dubbelbeddens (koningsgrootte), terwyl die ander 3 elk 2 enkelbeddens het.
Daar is 'n aantal inwonende nonnetjies-uile in die skuur langsaan en die kuikens kan sekere tye van die jaar gesien en gehoor word. Swaeltjies kom elke somer terug na hul tuiste op die stoep. Vinke is ook baie lief vir die eikebome by die dam waar hulle neste bou.
Die Cothuis is 'n selfsorg skuilplek, ook naby die wingerde, met 'n woon/eetkamer, 'n kaggel en 'n toegemaakte stoep. Die goed toegeruste kombuis het 'n mikrogolfoond, stoof, skottelgoedwasser en wasmasjien. Daar is 4 slaapkamrs met 2 badkamers vir 8 persone. Die hoofslaapkamer het 'n koninginsgrootte bed, die 2de slaapkamer het 'n dubbelbed, die 3de slaapkmer het 2 enkelbeddens/koningsgrootte dubbelbed en die 4de slaapkamer, met 'n deurloop deur die 3de slaapkamer, het 2 enkelbeddens vir kindrs.
Selfsorg, maar kontinentale ontbyt is beskikbaar indien vooraf so gereël (sien tariewe).
Neem asseblief kennis: volgense Suid Afrikaanse gesondhedsregulasies word rook binne die Homestead of kothuis verbied.
Dinge om te doen
Ons is goed geleë vir maklike toegang tot die Breederivier-vallei en roete 62. Daar is baie ander vermake soos lui rivierritte tot uitdagende bergfiets-paaie, staproetes, die proe van bekroond wyne by wynkelders of etes by verskillende eetplekke. Die omgewing is welbekend vir ons wyne en olywe. Buitelug-vermaak sluit die volgende in:
Vermaak in Worcester:
Vermaak in Robertson:
Ceres:
Zip Slide and Tours. Daagliks oop: 08h00 - 16h00
Troeteldier-beleid - Streng op versoek
Troeteldiere moet goed opgelei wees. Met hulle eie slaapgoed.
Hulle mag nie op die meubels spring nie. Mag nie op die beddens/banke slaap nie en moet sonder vlooie wees. Ons behou die reg voor om u verantwoordelik te hou vir enige skade wat deur u troeteldiere veroorsaak word. Die diere mag nie toegelaat word om op hulle eie buite die toegemaakte tuin te beweeg nie.
Nuy Self Catering House, Cottage, Chalet Accommodation • Nuy Guest Farm Accommodation • Nuy Quad/4x4/Bike Trails Accommodation • Nuy Sleeps 10 or More Accommodation • Nuy Interesting Place Accommodation • Nuy Self Catering Accommodation • Worcester Self Catering House, Cottage, Chalet Accommodation • Worcester Guest Farm Accommodation • Worcester Quad/4x4/Bike Trails Accommodation • Worcester Sleeps 10 or More Accommodation • Worcester Interesting Place Accommodation • Worcester Self Catering Accommodation
Klik op die blou knoppie op die bladsy van 'n eiendom en ontvang kennisgewings sodra hulle 'n spesiale transaksie plaas!