Bergvliet is 'n stil, veilige, boomryke voorstad, slegs 16km vanaf Kaapstad se middestad en die Waterfront. Dit is perfek geleë in die middel van die Kaapse Skiereiland en binne 5 minute se reistyd na een van die oudste wynplase in Suid-Afrika, Groot Constantia Wine Estate.
Al ons eenhede is toegeruste selfsorg-eenhede met eie badkamers en is geleë in 'n pragtige, 1 akker tuin. Hierdie eiendom is vertoon op BBC TVs Gardeners World program.
Ons bied gratis 24/7 breëband Internet (insluitend Skype en draadlose verbinding na alle eenhede), 'n biblioteek, inligting in toeriste-plamfette, veilige parkering op terrein, wasgoeddiens, privaat ingange en stoepe met tafels en stoele, ook individuele braaigeriewe.
Satelliet DSTV, DVD, Musieksentrums, radios met horlosies, muurkluis, plafonwaaiers en muurpaneel-verwarmers.
Bergfliet se hoof aantrekkingskrag vir besoekers aan Kaapstad, is die stilte en ontspanne atmosfeer, rustigheid, sonder verkeers- of kriminele probleme in die omgewing. As ook die vinnige en maklike toegang na die M3 en M5 deurpaaie. Dit neem u na die middestad en Waterfront, ook na al die belangrike plaaslike aantreklikhede en strande, in slegs 14 tot 40 minute.
Ascot Gardens is 'n ideale basis vir u besigtigings- en ander toere rondom Kaapstad en omliggende gebiede. Ons is slegs 10 minute se stap weg van die spoorweg-stasie, inkopie-sentrum en 6 goeie restaurante.
Ons voorsien beddegoed, badhanddoeke en al die eetgerei en breekware. Plus strykplank en strykyster in elke eenheid, ook vuilgoedsakke, toiletrolle en vloeibare seep vir skottelgoed.
Elke privaat ingang het 'n toegewysde parkeerplek op terrein en het toegang via 'n afstandbeheerde sekuriteits-hek.
Ons het nie enige honde, katte of raserige kinders van ons eie wat u stil en rustige tuin-omgewing sal versteur nie.
Die hele eiendom van Ascot Gardens bestaan uit 4 inter-verbinde, los-staande huise. Dit is smaakvol verander en gerestoureer tot selfsorg kothuise/tuin-eenhede en woonstelle van verskillende grootte, prys en afwerkings.
Die 10 selfsorg, een-slaapkamer kothuise/tuin-eenhede; een 2bed eenheid; en 1 3bed-kamer, 2 badkamer-huis; is ideaal vir vakansies, sakemanne, trougaste, sportgroepe, familie-feeste en besoekende vriende of familie.
Die eenhede kan individueel of gesamentlik bespreek word, selfs 'n volledige huis met slaapplek vir tot 14 persone, indien nodig.
Die lughawe, V&A Waterfront, middestad en Tafelberg is 20 minute se reistyd vêr. Die 7 Constantia wynplase, insluitende Groot Constantia, is slegs 5 min vêr. Binne loop-afstand is 'n spoorwegstasie, bushalte, inkopiesentrum en 6 goeie restaurante, kerke en 2 tennis- en rolbal-klubs.
Geriewe
Al die woonstelle is ten volle gemeubileerd met óf 'n bad, óf 'n stort met eie badkamer en toegerus met 'n stoof of 2-plaat stoof, mikrogolfoond, yskas, potte, panne, rooster, ketel, breekgoed, glasware, kookgereedskap, eetgerei, vadoeke, beddegoed, bad-handdoeke, (nie swem-handdoeke nie), strykyster en strykplank. Die woonstelle het plafon-waaiers in die slaap- en woonkamers. Muur paneel-verwarmers. Die eenhede word nie daagliks gediens nie, maar vir langer verblyf word die eenhede gediens en die bedlinne en handdoeke word elke 7 dae geruil. Ons verskaf vadoeke, vloeibare-skottelgoedseep, toiletrolle en vuilgoedsakke.
Daar is 2 enkelbeddens in al die slaapkamers behalwe in die Duke, Queen, Royal, African-eenhede en die hoofslaapkamer van 2/3 slaapkamer-huis wat almal koningins-grootte beddens het en die Duchess wat 'n dubbelbed het.
Ons bied gratis 24/7 breëband Internet (insluitend Skype en draadlose verbinding na alle eenhede), 'n biblioteek, inligting in toeriste-plamfette, veilige parkering op terrein, 'n omheinde swembad, wasgoeddiens, privaat ingange en stoepe met tafels en stoele, ook individuele braaigeriewe.
Bergvliet Self Catering House, Cottage, Chalet Accommodation • Bergvliet Sleeps 10 or More Accommodation • Bergvliet Self Catering Accommodation • Cape Town Self Catering House, Cottage, Chalet Accommodation • Cape Town Sleeps 10 or More Accommodation • Cape Town Self Catering Accommodation • Constantia, Cape Town Self Catering House, Cottage, Chalet Accommodation • Constantia, Cape Town Sleeps 10 or More Accommodation • Constantia, Cape Town Self Catering Accommodation
Klik op die blou knoppie op die bladsy van 'n eiendom en ontvang kennisgewings sodra hulle 'n spesiale transaksie plaas!