302 Ocean View bied gerieflike selfsorgverblyf in 'n moderne tweeslaapkamerwoonstel wat op Kusweg in die Strand geleë is. Die woonstelblok bied uitsigte oor Valsbaai en die ontwerp is geïnspireer deur 'n arend se oopgespreide vlerke om 'n gevoel van ruimte te skep.
Die woonstel kan tot 4 mense akkommodeer en dit bestaan uit 2 en suite-slaapkamers Die hoofslaapkamer beskik oor 'n koningingrootte-bed, 'n volle en suite-badkamer en 'n TV. Die tweede slaapkamer bevat 2 enkelbeddens en 'n en suite-badkamer met 'n stort. en 'n oopplan-kombuis, -sitkamer en -eetkamer. Die hoofslaapkamer beskik oor 'n koningingrootte-bed, 'n volle en suite-badkamer en 'n TV. Die tweede slaapkamer bevat 2 enkelbeddens en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die oopplan-sitkamerarea bied see-uitsigte en dis toegerus met 'n TV met Premium DStv en WiFi-toegang. Die kombuis is toegerus vir selfsorg met 'n oond en 'n stoof, 'n wasmasjien, 'n yskas en 'n mikrogolfoond. Gaste geniet toegang tot 'n gemeenskaplike swembad en 'n braaiplek. Die woonstelblok het 'n ontvangsarea met 24 uur-toegangsbeheer, geslotekringtelevisie en 'n afstandbeheer-hek. Onderdakparkeerplek word voorsien.
302 Ocean View is ideaal geleë op die Strand se Kusweg. Gaste kan 'n hele rits doendinge hier geniet. Dit sluit in wandelinge op die strand, swem in die see of branderplankrysessies in Valsbaai se warm water. Gaste kan gaan gholf speel by van die beste klubs in die area, gaan inkopies doen by Somerset Mall of bekroonde wyne by een van die wynplase in die area gaan proe. Skilderagtige roetes, voetslaan en fietsry in die berge is ook gewilde doendinge.
MOTORHUUR BESKIKBAAR OP AANVRAAG.
Cape Town Self Catering Apartment, Flatlet Accommodation • Cape Town Self Catering Accommodation • Strand Self Catering Apartment, Flatlet Accommodation • Strand Self Catering Accommodation
Klik op die blou knoppie op die bladsy van 'n eiendom en ontvang kennisgewings sodra hulle 'n spesiale transaksie plaas!