11 Sha Bay is ‘n selfsorg vakansiewoonstel op die grondvloer van ‘n sekuriteits komplex 500m van die bekende Lucien Strand in Manaba. Die woonstel is ideaal vir gesinne op soek na gerieflike verblyf asook vir gesinne met kinders wat lekker in die privaat tuin kan speel en gaste wat nie trappe magtig is nie.
Hierdie is ‘n woonstel waar oud en jonk die vakansie en die seeuitsig kan geniet.
Die sitkamer lei uit na die patio en tuin met jou eie braai geriewe. Daar is ook ‘n gemeenskaplike braaiplek met tafels en stoele by die swembad.
Daar is ‘n platskerm TV in die sitkamer asook ‘n DSTV met Easy view kanale, so bring jou eie dekodeerder en simkaart saam as jy na meer kanale wil kyk. Daar is ook ‘n DVD speler.
Die woonstel beskik oor 2 slaapkamers en 2 badkamers, asook ‘n slaapbank in die sitkamer. Die hoofslaapkamer het ‘n koningingroote bed en die en-suite badkamer het ‘n bad, wasbak en toilet. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens en die tweede badkamer ‘n stort, wasbak en toilet.
Die oop-plan kombuis is goed toegerus met yskas/vrieskas, stoof met oond, mikrogolf, wasmasjien, ketel, broodrooster asook genoeg eetgerei en breekware. Daar is ook ‘n tweede yskas geskik vir al die vis wat gevang gaan word. Die visvanplekke is binne stapafstand van die woonstel.
Die woonstel het 1 onderdak parkeerplek en daar is ook ‘n parkeerarea vir waentjies.
Uvongo is die ideale basis vanwaar omliggende besienswaardighede soos Wild Coast Sun, Ushaka Marine World en Oribi Gorge besoek kan word. Daar is ook baie welbekende eetplekke in die omgewing.
Margate Self Catering Apartment, Flatlet Accommodation • Margate Self Catering Accommodation
Klik op die blou knoppie op die bladsy van 'n eiendom en ontvang kennisgewings sodra hulle 'n spesiale transaksie plaas!