Kom en verfris u gees in 'n vol toegeruste vakansie-tuiste in die idilliese Jacobsbaai.
In 'n wêreld waar goeie beplanning hoog geag word, is hierdie een van daardie geleenthede waar 'n skielike ingewing geen rede tot spyt sal hê nie. Om in hierdie vol toegeruste huis te bly, is die verfrissing van u gees gewaarborg.
Jacobsbaai, geleë halfpad tussen Vredenburg en Saldanahabaai is 'n geïsoleerde, tradisionele Kaapse Weskus-dorpie. Dit spog met 'n 2 kilometer asemrowende kuslyn, 7 aparte strande met witgekalkte huisies langs die asuur-bloue see. Die dorp is goed bekend vir sy volop seedisse en die massiewe vertoning van wilde blomme, wat die landskap elke jaar in die laat winter tot die lente in 'n feëland verander.
Whimseagull, afgelei van Whimsical (spelerig, sonderling met fantasie), is 'n pragtige vakansiehuis slegs 300m vanaf die strand. Whimseagull is 'n deftig versierde, selfsorg eenheid met ekstra geriewe wat 'n televisie met volle DSTV-boeket, 'n DVD-speler, skottelgoedwasser, wasmasjien en tuimeldroër insluit. Ook vars, wit linne, handdoeke en 'n alarmsisteem. Die huis is baie ruim en toegerus vir 6 persone. U hoef slegs u eie strandhanddoeke en strandstoele te bring.
Die huis bied die volgende:
Grondvloer
Boonste vloer
Die gewilde 'Weskusplek', 'n restaurant wat besit word deur die bekende Afrikaanse sanger, Steve Hofmeyr, is omtrent 800m vanaf die huis. Hier word smaaklike en bekostigbare, tradisionele disse met die gasvryheid wat so kenmerkend van die Weskus is, bedien.
Jacobsbaai is nog altyd bekend vir die volop kreef en dit is 'n gewilde visvangplek. Die baai is ideaal vir kajak-roei. Die beskermde baai is 'n ideale roei- en verkenningsplek vir die jongmense. Ook vir diegene wat jonk van gees is, terwyl die Atlantiese oseaan se strande, ongekroonde sonbad-geriewe bied. Die brawe, warm, of aangeklamdes kan in die verfrissende see gaan swem. Die dorpe Riebeek-Kasteel en Darling, die tuisdorp van die bekende Evita Bezuidenhout, is naby en Veldrift aan die Bergrivier is ideaal vir voëlkykers. Geniet 'n bietjie wynproe by die uitstekende Wynlande van die gebied. Besoek die Weskus-Fossielpark naby Hopefield. Die Weskus-Nasionalepark, wat veral pragtig in die lente is (laat Augustus tot einde September) met 'n kaleidoskoop van kleurvolle lenteblomme.
Kom-aan!! Reageer op daardie skielike ingewing en kom ervaar die Weskus met hierdie pragtige huis as u basis. Ons waarborg dat u dan reeds die volgende besoek sal beplan voordat u vertrek.
Neem asseblief kennis: Terwille van al ons gaste, moet asseblief nie binne die huis rook nie. Geen troeteldiere word toegelaat nie.
Jacobs Bay Self Catering House, Cottage, Chalet Accommodation • Jacobs Bay Self Catering Accommodation
Klik op die blou knoppie op die bladsy van 'n eiendom en ontvang kennisgewings sodra hulle 'n spesiale transaksie plaas!