Fotografiese krediete aan Jenny Grinwiss Photography
Thatcher's Rest Selfsorgkothuis, 'Vrede, rustigheid en uitstaande visvang' is geleë op 'n plaas in die Biggarsberg area van Noord-KZN.
Thatchers' Rest is ongeveer 8km van die N11 tussen Ladysmith en Newcastle, ongeveer 350 km vanaf Johannesburg en ongeveer 300 km vanaf Durban.
Hierdie unieke kothuis is gebou op stelte in 'n dam, en is ten volle toegerus, bied 3 slaapkamer aan - 2 hoof en-suite en 1 privaat. Daar is 'n knus sitkamer met 'n kaggel vir daardie koue wintersaande (of dae); 'n oopplan kombuis (dit laat die kokke in die kombuis toe om niks van die pret misloop te loop nie) en 'n lieflike onderdak stoep, beskut met blindings.
Die uitsigte en omliggende area is 'n prentjie van ware vrede en rustigheid, wat beklmtoon word deur die feit dat die kothuis heeltemal afgesonder en eksklusief is.
Die kothuis is toegerus met 'n gasstoof en yskas. Ligte en kragpunte is aangedryf deur 'n afstand-beheerde kragopwekker.
Bo en behalwe die prag ligging en vrede en rustigheid, is die dam waarop die kothuis staan vol baars en forel, wat enige hengelaar se droom is. Daar is altesaam 6 damme (waarvan 2 forel en baars bevat) op die plaas, en gaste het toegang tot almal.
Geen dagbesoekers word by die kothuisdam toegelaat as daar gaste is nie, om eksklusiwiteit te verseker.
Daar is 'n baarsboot beskikbaar en rubber bote met sneeker-motors word toegelaat.
Ander doendinge wat op die plaas beskikbaar is, sluit stap en voëlkyk in.
Perdry is beskikbaar op 'n naby geleë plaas.
Die bekende besienswaardige slagvelde van Rorke's Drift, Isandlwana en Bloedrivier is almal binne 'n 1 1/2 uur se ry, en ons sal met graatgte namens gaste begeleide toere na enige van die monumente reël, op versoek.
Die pragtige, gerestoureerde Maria Ratchitz Sendingkerk en vigsentrum is 16 km weg, en besoekers is welkom om kerkdienste by te woon of sommer net verlore te raak in die prag en rustigheid van die pragtige versorgde tuine.
Fort Mistake, hangsweef-lanseringsterrein, is baie naby.
Nambiti Conservancy, tuiste van die Groot 5, is slegs 30 km weg en daaglikse wildtoere kan gereël word (terme en voorwaardes geld, kontak ons gerus vir meer inligting).
As jy net moet 'wegkom' van die dolle gejaag van stadslewe af, rus vir jou siel nodig het, dan is Thatcher's Rest die perfekte plek om dit te doen.
Vanaf Ladysmith
Reis met die N11 in die rigting van Newcastle vir min of meer 40km. Neem die 2de Collingpass afdraai. Draai links op 'n grondpad, ry vir 8 km langs hierdie pad, draai regs by die Thatcher’s bord.
AANWYSINGS van Newcastle
Neem die N11 na Ladysmith vir min of meer 60 km en neem die 1ste
Collingpass grondpad afdraai op jou regterkant. Reis vir 8km langs hierdie pad, draai regs by die Thatcher’s bord.
Vanaf Ladysmith
Reis met die N11 in die rigting van Newcastle vir min of meer 40km. Neem die 2de Collingpass afdraai. Draai links op 'n grondpad, ry vir 8 km langs hierdie pad, draai regs by die Thatcher’s bord.
AANWYSINGS van Newcastle
Neem die N11 na Ladysmith vir min of meer 60 km en neem die 1ste
Collingpass grondpad afdraai op jou regterkant. Reis vir 8km langs hierdie pad, draai regs by die Thatcher’s bord.
Dundee Self Catering House, Cottage, Chalet Accommodation • Dundee Self Catering Accommodation
Klik op die blou knoppie op die bladsy van 'n eiendom en ontvang kennisgewings sodra hulle 'n spesiale transaksie plaas!