Paternoster, Vredenburg, is een van die oudste dorpe aan die Weskus in die Kaap. As gevolg van streng ontwikkelings-riglyne, het die dorp sy egte atmosfeer behou met sy wit gekalkte huise teen die kobaltbloue Atlantiese Oseaan.
Die eindelose sandstrande nooi u uit om lang wandelinge te onderneem. Baie dikwels kan u dolfyne, robbe en ook walvisse sien. Voëllewe is volop en selfs die heilige ibis kan gesien word.
Die vars seekos wat deur die plaaslike vissermanne gevang word, kan ook by verskeie restaurante geniet word. Die kreef, waarvoor Paternoster baie bekend is, is 'n moet.
Paternoster is 'n hawe van kalmte en rustigheid wat u kan geniet terwyl u in Thalassa bly.
Thalassa bied die volgende:
Thalassa is 'n romantiese kothuis vir twee persone, reg by die strand.
Slaapkamer:
Dit het 'n koningingrootte bed met wit beddegoed. Daar is 'n TV met volle DSTV in die slaapkamer (geen smartkaart is nodig nie).
Kombuis/woonkamer:
Daar is konsertina voudeure wat, as dit oopgemaak is, aan u die gevoel verleen dat u buite is, maar tog nie. Binne is daar 'n kaggel en 'n CD/radio.
Die kombuis is ten volle toegerus met 'n 4-plaatstoof en oond, mikrogolfoond en vries/yskas. Die ander benodighede soos, breekgoed ens. word ook voorsien.
Badkamer:
Die badkamer is onlangs verbeter. Dit het 'n stort, maar nie 'n bad nie.
Buitekant:
U kan op die houtdek braai of sommer net ontspan op die lêª-stoele. Van hierdie stoep af kan u kyk na die vakansie-gangers, die vissermanne, die see-voëls, dolfyne, walvisse (binne seisoen), ens..
Algemeen
U het 'n uitsig op die see vanuit omtrent elke hoek van die kothuis.
U hoef slegs u eie strand-handdoeke te bring, asook hout/houtskool, u eie kos en drinkgoed. Asseblief! Geen rook in die kothuis nie! Geen troeteldiere word toegelaat nie. Skoonmaakdiens is teen 'n ekstra tarief beskikbaar.
Tydverdryf/ontspanning
Branderplank-ry, brander-windski en kanovaarte kan reg voor die huis gedoen word. U kan ook gaan swem, maar dan moet u dapper genoeg wees om die koue water te trotseer.
Cape Colombine Natuurreservaat en die vuurtoring is omtrent 5 km vanaf Paternoster. Vredenburg is die naaste groot dorp (15 km) en het al die belangrikste winkels.
Gevolgtrekking
Die doel om Paternoster te besoek, is nie om heeltyd te jaag nie, maar om in hierdie vreedsame, ouderwetse dorpie te ontspan en die natuur rustig te geniet.
Paternoster Self Catering House, Cottage, Chalet Accommodation • Paternoster Self Catering Accommodation • Voorstrand, Paternoster Self Catering House, Cottage, Chalet Accommodation • Voorstrand, Paternoster Self Catering Accommodation
Klik op die blou knoppie op die bladsy van 'n eiendom en ontvang kennisgewings sodra hulle 'n spesiale transaksie plaas!