Hierdie villa is geleë op die 14de skoonveld van Selborne-gholfbaan en word privaat besit. Dit bied veilige selfsorg verblyf vir agt mense, met twee en-suite slaapkamers met koning grootte-beddens, en twee slaapkamers met twee enkelbeddens wat 'n badkamer deel. Die villa het ook 'n gastetoilet.
Die leefarea is oopplan, en sluit 'n sitkamer, eet area (vir 8-10 mense) en 'n TV-kamer (met DStv) in. Dubbeldeure loop uit op 'n patio wat sitplek bied vir 8 -10 mense, en is toegeruste met ‘n gas braai. Die tuin is relatief privaat en bied genoeg spasie vir kinders om te speel. Die natuurlike bos en pragtige bome huisves diverse voëllewe, terwyl inwonende bosbokke en duikers gereelde besoekers in die aande is.
Die kombuis is toegerus met 'n skottelgoedwasser en het 'n yskas en kroeg-yskas, met ekstra yskas- en vrieskas spasie in die motorhuis. Die wasmasjien en tuimeldroër is in die driedubbel motorhuis.
Die landgoed het tennisbane, swembaddens, restaurante, 'n gholf akademie, 'n spa, oppas geriewe en 'n kinder-speel area alles binne gerieflike stapafstand van die villa. Gaste het ook toegang tot 'n privaat strand klub met sy eie swembad.
Die landgoed bied 24-uur-sekuriteit en die huis word elke dag gratis gediens.
Die Villa is 'n rookvrye villa.
Pennington Self Catering House, Cottage, Chalet Accommodation • Pennington Golf Estate Accommodation • Pennington Self Catering Accommodation • Selborne Park Self Catering House, Cottage, Chalet Accommodation • Selborne Park Golf Estate Accommodation • Selborne Park Self Catering Accommodation
Klik op die blou knoppie op die bladsy van 'n eiendom en ontvang kennisgewings sodra hulle 'n spesiale transaksie plaas!