Rietpoort wild- en gasteplaas is 11km vanaf Trompsburg wat langs die N1 na Kaapstad geleë is. Rietpoort is 'n merino skaapplaas. Die gaste kan kyk terwyl die skape een keer per jaar geskeer word. Die skape lam elke 5 maande en dan kan die kinders soms die lammers voer, wie se mammas hulle weggegooi het. Dit is ook 'n wildsplaas. Springbokke, blesbokke, swartwildebeeste en gemsbokke kan gesien word. Daar is ook mak springbokke in die tuin. Rietpoort het 'n pragtige tuin met groot bome waarin die kothuise geleë is.
In die tuin is daar 'n dam, wat deur 'n fontein gevoed word, waarop eende swem. Agter die kothuise is daar 'n groot heuwel vanwaar die gaste dit geniet om na die sonsondergange te kyk. Daar is 'n wandelpad op na die heuwel. Daar is ook perde beskikbaar waarop kinders kan ry.
U word uitgenooi om in een van ons luukse, ten volle toegeruste tuinhutte te kom oornag. Die kothuise het lugversorging, elektriese komberse, DSTV,TV, kombuisie, yskas, veilige parkering en braaigeriewe.
Geriewe:
Die beddegoed en handdoeke word voorsien. Elke eenheid het 'n eie badkamer. Ontspan by die swemplek of geniet 'n stel tennis. Ons smaaklike aandete van Karoolam word bedien in die lapa, indien vroegtydig daartoe versoek.
Besoek ons vir 'n onvergeetlike ondervinding.
Trompsburg Self Catering House, Cottage, Chalet Accommodation • Trompsburg Self Catering Accommodation
Klik op die blou knoppie op die bladsy van 'n eiendom en ontvang kennisgewings sodra hulle 'n spesiale transaksie plaas!