Ons is Suid Afrikaners wat tans in Kuwait woon. Ons het vakansie akkomodasie bespreek te Ramgate Palms 70 en dit het ons wildste verwagting oortref. Die uitsig vanaf die balkon asook elke vertrek is asemrowend, jy hoef nie eers op die strand te wees om die branders te hoor raas nie, dit was ongelooflik lekker om met die uitsig en klank van branders in jou ore wakker te word. Die eenheid is netjies en skoon, alles is daar wat mens benodig en ons het die grootte van die yskas baie geniet.
Selfs wanneer dit gereen het kon ons die see uitsig en reuk van die see en geraas van die branders geniet van ons balkon af. Ons het so te se geleef op die balkon as ons nie op die strand of elders anders was nie. Die laundry geriewe is ook baie lekker. Dit is alty baie goed om nie te ver te hoef te ry om wasgoed te doen nie. Dit was regtig net n wonderlike vakansie, besoek gerus Ramsgate Palms 70, ons gaan verseker met ons volgende vakansie in SA.