Mooiplasie boskamp is geleë in die Dinokeng Groot 5 Wildreservaat, Noord van Pretoria, 65km van die Zambesi-afrit in Pretoria. Ons het baie wild rondom ons berghut-kamp, omdat al die heinings verwyder is. Ons huisves privaat gaste, groepe, funksies, konferensies, klein troues, verjaarsdae, eindjaar-funksies, familie-samekomste, ens. Ons kan tot 80 gaste wat deel, huisves.
Ons kamp is die ideale gesins-wegbreek (selfsorg). Ons bied maaltye aan groepe van meer as 10 gaste. Ons is bekend vir ons groot "Boerekos" spyskaart.
Neem asseblief kennis: Ons kamp het Eskom-krag.
Verblyf:
"Die Ark" slaapsaal-tipe met eie lapa & boskombuis
Slaapplek vir 12 persone met enkel- en kajuitbeddens, afhangende van u behoeftes. Hierdie eenheid het 'n aangrensende lapa met 'n braaigebied met piekniek-tipe banke en tafels. 'n Toegeruste boskombuisie met ys/vrieskas, eetgerei en breekgoed en al die ander kombuis-gereedskap wat nodig mag wees vir 'n lekker groepie se samesyn. Ablusie-geriewe is langsaan.
Giraffe. Direk langs "die Ark".
Giraffe slaap 2-4 persone, het 2 enkel beds en 1 dubbel bed. Open-plan unit. Giraffe het 'n hout en gasbraai-gebied, ys/vrieskas, eetgerei en breekgoed en ook die ander gereedskap wat nodig is vir 'n sorgvrye verblyf. Dit het 'n badkamer
"Die Ystervark"
Hierdie eenheid het 2 kamers en kan 6 persone huisves. Die voor kamer het 1 dubbel bedden en die agter kamer 2 dubbel beddens Dit het 'n vries/yskas, eetgerei, breekgoed en ander kombuis-gereedskap nodig vir 'n perfekte verblyf. Dit het 'n badkamer.
Rondawels: Cheetah & Zebra
2 Rondawels, elkeen met 'n dubbel-en twee enkelbeddens, slaap 2-4. Elke eenheid het 'n ys/vrieskas, breekgoed, eetgerei en ander kombuis-gereedskap wat u in die kombuis nodig het. 'n Privaat hout en gasbraai-gebied vir elke eenheid. Is geleë langs 'n klipmuur wat 'n bietjie romantiek na hierdie eenhede bring. Ablusie-geriewe is naby vir Zebra. Cheetah het 'n badkaamer
Berghutte: Eland en Koedoe
2 Berghutte, elkeen toegerus met 'n dubbel en twee enkelbeddens. Elke berghut is toegerus met 'n ys/vrieskas, breekgoed, eetgerei en al die ander kombuis-gereedskap om 'n smaaklike ete voor te berei. Elke eenheid het sy eie gas en hout braaigeriewe in 'n privaat vermaak-gebied. Tussen hierdie twee berghutte is daar 'n privaat boma wat gebruik kan word wanneer vriende of gesinne beide eenhede bespreek het. 'n Privaat stort, toilet en wasbak voltooi die uitleg van elke eenheid.
"Die Vlakvark" 'n Dubbel berghut
'n Twee slaapkamer berghut, elke kamer het 'n dubbel- en 'n kajuitbed. Die eenheid het sy eie toilet, stort en wasbak. Ten volle toegerus met 'n ys/vrieskas, breekgoed, eetgerei en al die ander kombuis-gereedskap nodig vir u verblyf. 'n Klein kombuis-gebied en ook 'n gas & hout braaigerief is deel van die eenheid.
Eagle's Nest
Slaap 2-4 gaste
Elephant Chalet
Slaap 4-5 gaste
Ons vermake bestaan uit die volgende: swembad, wild-ritte, 'n pooltafel, trampolien, swaaie vir kinders, spanbou-bane vir groepe, veerpyltjiebord, vlugbal, jukskei, funksies en conferences.
Naby vermake: Quadfiets-ry, warmlugballone, mikro-ligte vliegtuie, Mystic monkeys and feathers bush veld zoo, met pragtige leeus, wit leeus, Bengaalse tiere, 'n verskeidenheid fantastiese voëls en 'n versameling ape tussen ander pragtige diere. Bosveld-Gholf (iets nuuts vanaf Europa) vir die hele gesin om te geniet. Ons is omtrent 'n halfuur se ry na Bela-Bela (Warmbad).
Bertie en Betsie van Graan is die eienaars van Mooiplasie Bush Camp. Omtrent 27 jaar gelede het hulle 'n stukkie grond gekoop. Die twee het toe met 'n klein berghut begin en stadigaan die hele kamp, stukkie vir stukkie gebou. Mooiplasie is dus nie net 'n boskamp nie, dit is 'n ervaring. U sal die vriendelikheid en gasvryheid van die eienaars baie lank onthou.
Dinokeng Area Wildreservaat / Bosveld Verblyf • Dinokeng Area Selfsorg Huis / Kothuis Verblyf • Dinokeng Area Troeteldier-vriendelike Akkommodasie • Dinokeng Area Meer As 10 Gaste Verblyf • Dinokeng Area Troue Akkommodasie • Dinokeng Area Konferensie Akkommodasie • Dinokeng Area Interesante Blyplekke • Dinokeng Area Selfsorg Akkommodasie • Dinokeng Game Reserve - Pretoria Wildreservaat / Bosveld Verblyf • Dinokeng Game Reserve - Pretoria Selfsorg Huis / Kothuis Verblyf • Dinokeng Game Reserve - Pretoria Troeteldier-vriendelike Akkommodasie • Dinokeng Game Reserve - Pretoria Meer As 10 Gaste Verblyf • Dinokeng Game Reserve - Pretoria Troue Akkommodasie • Dinokeng Game Reserve - Pretoria Konferensie Akkommodasie • Dinokeng Game Reserve - Pretoria Interesante Blyplekke • Dinokeng Game Reserve - Pretoria Selfsorg Akkommodasie • Dinokeng North Wildreservaat / Bosveld Verblyf • Dinokeng North Selfsorg Huis / Kothuis Verblyf • Dinokeng North Troeteldier-vriendelike Akkommodasie • Dinokeng North Meer As 10 Gaste Verblyf • Dinokeng North Troue Akkommodasie • Dinokeng North Konferensie Akkommodasie • Dinokeng North Interesante Blyplekke • Dinokeng North Selfsorg Akkommodasie • Hammanskraal Wildreservaat / Bosveld Verblyf • Hammanskraal Selfsorg Huis / Kothuis Verblyf • Hammanskraal Troeteldier-vriendelike Akkommodasie • Hammanskraal Meer As 10 Gaste Verblyf • Hammanskraal Troue Akkommodasie • Hammanskraal Konferensie Akkommodasie • Hammanskraal Interesante Blyplekke • Hammanskraal Selfsorg Akkommodasie
Klik op die blou knoppie op die bladsy van 'n eiendom en ontvang kennisgewings sodra hulle 'n spesiale transaksie plaas!