Lavender Cottages bied selfsorgverblyf in die Elgin-vallei, naby Grabouw in die Wes-Kaap.
Geniet die rustigheid van Lavender Cottages, met asemrowende uitsigte op die Elgin vallei, wat bekend is nie net vir sy vrugte nie, maar ook vir die pragtige tuine.
Ontspan op die patio aan die voorkant van die cottage wat oortrek is met ‘n druiwe prieël, en bewonder die skouspelagtige sonsondergang – of ontspan knus en warm voor die kaggel binne in die cottage.
Elke selfsorg eenheid is oordeelkundig gemeubileerd en ten volle toegerus. Dit het pragtige hout plafonne, ‘n oopplan leefarea en dubbelkamer met en-suite badkamer.
Lavender Cottages is baie sentraal geleë – ½ uur van die pragtige kusdorp Hermanus wat bekend is vir sy walvis kyk, ½ uur van Bettiesbaai en ‘n ¾ uur van Kaapstad af.
Daar is ook verskeie golfbane in die onmiddelike omgewing.
Lavender Cottages bied veilige parkering, privaatheid, braai fasiliteite en hout.
Gratis WiFi is beskikbaar in al die kothuise en Libertas House.
Wat om in die area te doen:
Tipes akkommodasie beskikbaar :
Lavender 1: Akkommodeer 1 paartjie, het ‘n dubbelbed met ensuite badkamer. Selfsorg.
Lavender 2: Akkommodeer 4 gaste, 1 kamer met ‘n dubbelbed; die 2de kamer het twee enkelbeddens. Hierdie eenheid word gewoonlik bespreek deur families omdat die badkamer aan die hoofslaapkamer is. Selfsorg.
Lavender 3: Dit is die groter eenheid wat 4 gaste akkommodeer, 1 kamer met dubbelbed, die 2de kamer het twee enkelbeddens. Badkamer word gedeel. Selfsorg.
Libertas House: Akkommodeer tot 8 gaste, 4 kamers met ensuite badkamers. Libertas House is ‘n selfsorg eenheid (Kontinentale ontbyt kan vooraf gereël word).
Elgin Valley Area Self Catering House, Cottage, Chalet Accommodation • Elgin Valley Area Self Catering Accommodation • Grabouw Self Catering House, Cottage, Chalet Accommodation • Grabouw Self Catering Accommodation
Klik op die blou knoppie op die bladsy van 'n eiendom en ontvang kennisgewings sodra hulle 'n spesiale transaksie plaas!