La Roca word deur die eienaars bestuur en is 'n 4-ster-boetiekgastehuis in ‘n luukse woonbuurt in Nelspruit. Verskeie van ons kamers, die ontbyt-area en swembad is geleë tussen 6 000 m² se subtropiese tuin, met ‘n asemrowende uitsig oor Nelspruit Natuurreservaat en platorand.
Die middestad is net 2km vanaf die Gastehuis en met La Roca se rustige atmosfeer kan jy ontspan na 'n lang dag se werk, of verken die besienswaardighede in die omgewing: die Kruger Nasionale Park; Blyderivier-Canyon; Sudwala Grotte en Graskop Gorge. Mosambiek en Swaziland is beide minder as 'n uur weg.
Jy het ‘n keuse van Standaard, Superieure of Luukse/Familie kamers. Elke kamer is individueel versier met unieke detail en 'n privaat ingang en 'n balkon of stoep.
Ons benadering is professioneel, maar ons styl is met 'n glimlag wat 'n vriendelike en warm atmosfeer skep.
Begin ‘n rustige dag met ‘n smaaklike -snit-bo-die normale spek en eier ontbyt wat vars voorberei word met ‘n self-bedien koue buffet. Vegetariese ontbyt word op versoek voorsien.
Welkom by La Roca – idiaal vir besigheids- of ontspanningsreisigers.
Jy sal wens jy het langer gebly!
Kamer Fasiliteite
- Wit katoen “Percale” Linne
- Dons duvets
- Lugversorging en plafonwaaiers
- LCD TV's (DSTV hotel boeket)
- Koffie/tee geriewe
- WiFi
- Haardroër
- Warmwaterbottel
Badkamer Fasiliteite
- Toiletware word voorsien
- Bad- en handdoeke
- Katoen-Japon (slegs Superieure & Luukse kamers)
- Bad (slegs Superieure & Luukse kamers)
Aanwysings
Vanaf Kruger Mpumalanga Internasionale Lughawe & R40 Noord (Hazyview /
Witrivier)
- By uitgang van die lughawe, draai regs by die sirkel, rigting Witrivier.
- Hou aan en volg die bordjies vir Witrivier en die R40.
- Wanneer jy die R40 bereik, draai links na Nelspruit
- Hou aan vir ongeveer 15Km en DRAAI LINKS by die eerste stel verkeersligte NA die N4-aansluiting (die Town Lodge is aan jou regterkant) in Piet Retief St.
- Hou reguit aan op Piet Retiefstraat – oor 2 stelle verkeersligte, 'n klein verkeersirkel en 'n 4-rigting stopstraat.
- Neem onmiddellik na die stopstraat die eerste draai regs in Van Wijkstraat – daar is 'n bord vir La Roca aan jou linkerkant.
- Hou reguit aan teen die heuwel in Van Wijk St., gaan reguit by die klein verkeersirkel en La Roca is sowat 100m aan jou regterkant (# 56)
Vanaf N4 Wes (Pretoria / Johannesburg)
- Oppad na Nelspruit op die N4, neem die afrit na links, bordjie vir Nelspruit/Mbombela en Barberton (R40)
- Wanneer jy by die 5de stel verkeersligte (R40) aankom, draai regs op die R40 in die rigting van Barberton.
- Neem die eerste draai links by die volgende verkeersligte in Piet Retief St.
a
- Hou reguit aan op Piet Retiefstraat – oor 2 stelle verkeersligte, 'n klein verkeersirkel en 'n 4-rigting stopstraat.
- Neem onmiddellik na die stopstraat die eerste draai regs in Van Wijkstraat – daar is 'n bord vir La Roca aan jou linkerkant.
- Hou reguit aan teen die heuwel in Van Wijk St., gaan reguit by die klein verkeersirkel en La Roca is sowat 100m aan jou regterkant (# 56)
Vanaf N4 Oos (Malelane / Mosambiek)
- Volg die bordjies vir Nelspruit-middestad op die N4-hoofweg.
- Gaan voort na Nelspruit se middestad, die N4 verdeel – moenie die N4-bane aan die regterkant volg nie – HOU LINKS wanneer die pad verdeel en gaan reguit op in Bell St.
- DRAAI LINKS by die verkeersligte aan die bopunt van Bell St. in Ferreira St.
- By die tweede stel verkeersligte, DRAAI REGS in Van der Merwe St.
- Hou aan met Van der Merwe straat tot by 'n 4-rigting stopstraat.
- DRAAI LINKS in Mostert St.
- Neem onmiddellik na die stopstraat die eerste draai regs in Van Wijkstraat – daar is 'n bord vir La Roca aan jou linkerkant.
- Hou reguit aan teen die heuwel in Van Wijk St., gaan reguit by die klein verkeersirkel en La Roca is sowat 100m aan jou regterkant (# 56)
Vanaf R40 Suid (Barberton / Swaziland)
- Op pad na Nelspruit op die R40, DRAAI REGS in Piet Retief St. by die verkeersligte net na die vulstasie (die Road Lodge is aan jou linkerkant en Sonpark Winkelsentrum aan jou regterkant.