Vaal Waterfront dakwoonstelle, goed toegeruste, selfsorgverblyf in Deneysville, weerskante van die Gauteng/Vrystaatgrens, 60 minute vanaf Jhb, 90 minute vanaf Pretoria.
Ons bied 'n verskeidenheid opsies van verblyf aan om ons gaste se behoeftes te pas - of dit pare, gesinne of groepe is. Dit is by ons waterfront-huis, woonstelle en woonwaens. Elkeen spog met 'n goeie uitsig op die water en toegang daartoe - Een van die min ondernemings wat so 'n puik ligging by die dam het - en dit sonder ekstra kostes of ongerief!
Kyk 'n bietjie na Deneysmeer as die watervlak slegs 34% is. Dit lyk dan sekerlik meer na 'n meer as na 'n dam. Daar is flaminke, sterretjies, visarende en vele meer wat in hulle element is met hulle eet- en broeigewoontes - vis is oorvloedig!
Stap eenvoudig af na ons pragtige tuin en park. Vang vis, swem, geniet 'n sonbad of hou piekniek. Per boot kan u na die eilande gaan kyk soos hulle verander as die watervlak styg of daal. Braai 'n vleisie terwyl u kyk hoe die seiljagte verby vaar.
Cozy Corner
Ideaal vir pare. Hierdie hoekwoonstel (selfsorg) het 'n intieme dubbelkamer. Streng - net vir paartjies. Cozy Corner het sy eie aansluitende jacuzzi-kamer met 'n skuifdak en bos-stort. 'n 180° Uitsig op die water.
Bederf uself die hele naweek en voeg Sondag nog by in u verblyf (kyk na ons spesiale aanbiedinge). Geniet 'n dubbel-slaapkamer met 'n platskerm Tv en 'n klein kombuisie met aangrensende badkamer. Daar is twee balkonne met uitsig op die water. Een het gewone toegang en 'n ketelbraaier en 'n oulike twee-sitplek banktafel word vir u gebruik voorsien. Die hoof-eetplek is in die jacuzzi-kamer by 'n wye venster met uitsig oor die water.
Tree Tops
Geskik vir groter groepe. Tree Tops is 'n ander woonstel (een stel trappe onder Cozy Corner), met 'n wye uitsig op die dam, spog ook met 'n jacuzzi. Dit het twee tot drie dubbel-slaapkamers (met 2 en suite badkamers), ook 'n ruim woon en oopplan kombuis met 'n slaaphoekie vir kinders. Dit is ideaal vir 'n gesin, of 'n groep intieme vriende wat graag wil saam kuier.
The Penthouse
The Penthouse (minimum 4 volwassenes) is 'n groot, 3 dubbelkamer dakwoonstel op die derdevloer (daar is trappe om te klim, maar die uitsig maak dit die moeite werd). Verder is daar 'n spoggerige oopplan woon/eetkamer, ruim kroeg en speletjie-kamer, 'n basiese kombuis en 'n slaaphoekie vir die kinders in 'n aparte jacuzzi-kamer.
Hier kan die groepie die luuksheid geniet om 'n hele 220m² woonstel vir uself te hê (selfsorg). Die badkamer se geriewe sluit drie toilette, twee storte en 'n hoekbad in. Dit het uitsig oor die water - daar is ook 'n slaaphoekie, sodat almal hul eie spasie kan geniet.
The Villa
Die Villa is 'n verstommende ruim, alleenstaande dubbel-verdieping huis op die oewer van die dam. Vier dubbel-slaapkamers, elkeen met sy eie badkamer (twee en-suite), almal met uitsig op die water. Dit waarborg privaatheid binne die koningkryk van u eie gesins-verblyf. Die atteljee kan ook, indien nodig, as slaapplek vir kinders gebruik word. Daar is lugsorg regdeur die eenheid. Die oopplan woon/eetkamer en kroeg, met 'n plons-poel vir u uitsluitlike gebruik en dit lei na 'n wye balkon wat uitsig het oor die blou waters van die diep dam.
Hier is 'n pooltafel, veerpyltjies, 'n vlugbal en 'n basketbal om die kinders besig te hou as hulle nie met swem of ander vermake besig is nie.
Al die eenhede het direkte toegang tot die water om vis te vang. Daar is ook plek om bote te lanseer. Die gronde is veilig en beskut met baie speelplek vir kinders. Daar is parkeerplek vir voertuie, sleepwaentjies, bote, quadfietse, ens. beskikbaar op versoek.
Ekstra fasiliteite sluit gerieflike woonwaens by die water in (waar pappa vis kan vang waar hy gesien kan word, terwyl vroulief die luuksheid van 'n spabad geniet). Boot-lanseerplek en -vaarte is ook op versoek beskikbaar, sowel as quad- en bergfietsbane, witwaterroei en andere.
Elke eenheid het sy eie, unieke geriewe soos jacuzzies, verskuifbare dakke vir sonbad of sterrekyk (opsioneel) en plonspoele (privaat en slegs vir eie gebruik). Almal het DSTV en óf lugsorg, óf waaiers in die goed geventileerde vertrekke. Ingeboude braai-kaggels is ook in elke eenheid om die koue te beveg.
Die eenhede het ook binnehuise vermake om die kinders besig te hou, soos 'n pooltafel, veerpyltjies, tafeltennis, 'n basketbal, ens. (Wi-Fi op versoek). (Wanneer u bespreek, kontroleer asseblief die geriewe om u smaak te bevredig.)
Winkels, bottelstore, bakkerye en slaghuise is ook vir u gerief beskikbaar.
U kan 'n smakie van die landelike lewe by ons plaaslike restaurante gaan proe, of wanneer u van die werkende waterdorpe gaan besoek. Hulle trek van ons land se grootste binnelandse regattas. En, natuurlik! Daar is die groot fees in Oktober... Hou hierdie spasie dop!
Alternatiewelik, gaan op 'n voëlkyk, besoek die krokodilplaas, ry fiets of gaan kyk na die motorfiets-museum. Miskien wil u, u geluk gaan probeer by die Emerald Casino (30km weg) of besoek Ascot on Vaal renbaan (net 25km weg).
Deneysville, Vaal Dam Self Catering Apartment, Flatlet Accommodation • Deneysville, Vaal Dam Self Catering House, Cottage, Chalet Accommodation • Deneysville, Vaal Dam Pet Friendly Accommodation • Deneysville, Vaal Dam Quad/4x4/Bike Trails Accommodation • Deneysville, Vaal Dam Fresh-Water Fishing Accommodation • Deneysville, Vaal Dam Sleeps 10 or More Accommodation • Deneysville, Vaal Dam Conference Venue Accommodation • Deneysville, Vaal Dam Interesting Place Accommodation • Deneysville, Vaal Dam Self Catering Accommodation • Vaal Dam Self Catering Apartment, Flatlet Accommodation • Vaal Dam Self Catering House, Cottage, Chalet Accommodation • Vaal Dam Pet Friendly Accommodation • Vaal Dam Quad/4x4/Bike Trails Accommodation • Vaal Dam Fresh-Water Fishing Accommodation • Vaal Dam Sleeps 10 or More Accommodation • Vaal Dam Conference Venue Accommodation • Vaal Dam Interesting Place Accommodation • Vaal Dam Self Catering Accommodation
Klik op die blou knoppie op die bladsy van 'n eiendom en ontvang kennisgewings sodra hulle 'n spesiale transaksie plaas!