UVONGO LAGOON no 38 is n heerlik ruim woonstel, met n groot oopplan kombuis en sitkamer, 3 dubbelgrootte slaapkamers , 2 badkamers en n massiewe balkon.
Die uitsig oor die branders en die strand vanaf die balkon, sitkamer en hoofslaapkamer is waarskynlik van die mooiste see-uitsigte in KZN.
Dit is gelee binne n sekuriteitskompleks en TEENAAN die Uvongo se strand, waterval en lagoon ( 150m soos die kraai vlieg, 250m met paadjie na strand ).
Die sonsopkomstonele vanaf die balkon is ONVERGEETLIK MOOI.
Die woonstel kyk noord wat beteken daar is heerlike sonnetjie groot deel van die dag op die balkon in winter en min son op balkon in somer.
Die Uvongostrand is beskerm deur haainette grootste deel van die jaar.
Die strand het lekker windbeskutte gedeeltes agv kranse rondom die waterval.
Daar is boonop ook ten minste 3 Blou vlag strande binne 10 km van woonstel af.
Uvongostrand is n redelik veilige strand vir kinders omdat die water baie geleidelik dieper raak en lewensredders is heeljaar op diens daar.
Dit is ook n lekker strand vir branderplankryers en lyfplankryers.
Uvongo is heeljaar n aangename plek vir n strandvakansie.
Die beroemde SAINTS’ WALK loop teenaan die kompleks verby.
Daar is ten minste 3 groot inkope sentrums binne 10km van die woonstel, tewete SHELLEY CENTRE, SOUTH COAST MALL en MARGATE MALL.
SPORT by of naby woonstel :
Branderry, visvang, perdry, stap, gholf, tennis en muurbal.
FASILITEITE : waskamer met 2 SPEED QUEEN wasmasjiene, n klomp braaiplekke onder lapas en ook by swembad.
ECO toerisme : Sardienlopie in winter ; dolfynkyk.
Taal : Afrikaans en Engels.
Uvongo Self Catering Apartment, Flatlet Accommodation • Uvongo Self Catering Accommodation • Uvongo Star Graded Accommodation
Klik op die blou knoppie op die bladsy van 'n eiendom en ontvang kennisgewings sodra hulle 'n spesiale transaksie plaas!