Buffelsbaai:
Geleë langs die Tuinroete tussen Gaukamma Natuurreservaat en die Indiese Oseaan, minder as 20 minute vanaf Knysna.
Buffelsbaai is 'n klein dorpie met 199 huise reg op die Skiereiland, halfpad geleë tussen Sedgefield en Knysna. Pragtige sandstrande strek tot by Brenton-On-Sea, en bied pragtige uitsig en asemrowende sonsondergange. Buffelsbaai is 'n gesins-strand vir veilige swem en uitstekende brander-ry toestande wat 'n "wild side" insluit. Ideaal vir lang wandelinge, strandhengel en kyk na walvis/dolfyne. Vir die meer energieke, saal 'n perd op vir 'n verfrissende rit in die golwe.
Die kothuis - Knot 4 Sail:
'n Gerieflike gemeubileerde strand-kothuis is ideaal geleë om die brekende golwe op die rotse te hoor en om die hemelse sonsondergange vanaf die dek te geniet. Baie van ons gereelde besoekers beskryf hierdie plek as hemel op aarde. Strand en bos-wandelinge, visvang, swem, brander-ry en snorkelduik. Walvisse en dolfyne kan vanaf die dek gesien word.
Kombuis het 2 yskaste, vrieskaste en 'n skottelgoedwasser. Woonkamer met Tv, vol DSTV en DVD-speler. Hoofslaapkamer met uitsig op die see. Tweede slaapkamer met twee enkelbeddens. Derde slaapkamer is 'n gesinskamer met dubbelbed en aangrensende kinderhoekie met 'n kajuitbed. Vierde slaapkamer het 'n kajuitbed. Eerste badkamer het 'n stort en bad. Tweede badkamer met stort, wasmasjien en tuimeldroër. Buite-stort met warm water. 'n Dek met 'n pragtige uitsig op die see. Bedlinne word voorsien, maar bring u eie handdoeke. Slaapplek vir 6 volwassenes en 4 kinders.
Omgewing:
Plettenbergbaai se strande-, polo- en partytjie-plesiere: Die omgewing is 'n avontuursoeker se paradys, van profesionele adrenalien verslaafdes tot die sagmoedige natuur-liefhebber, is daar altyd iets vir almal. U kan gaan swaai deur die bome van die Tsitsikamma-woud, absail by die kranse van Die Koppe, skuba-duik by die wrak van die Paquita, of kyk na die geheimsinnige seeperdjies, roei met 'n kano op die Knysnarivier, seil 'n catamaran oor die strandmeer en deur Die Koppe om na walvisse en dolfyne te gaan kyk, ry perd naby die mere en strande, besoek die Tuinroete Wildreservaat vir 'n safari, of speel 'n rondte of twee gholf by 'n keuse van naby-geleë wêreldklas gholfbane.
Die naaste dorp:
"Pragtig en geheimsinnig" kom in 'n mens se gedagte om Knysna te beskryf. Die dorp is gesetel tussen die indrukwekkende Outeniqua-berg en die Indiese Oseaan, met die wêreldbekende woude wat dit omraam soos 'n beskermende mantel. Die Oester-ryke strandmeer word teen die see beskerm deur die sandsteen-brandwagte, bekend as "Die Koppe". Die dorp is ook bekend vir sy oesters - die fees in Julie is beslis die moeite werd om te besoek.
Die klimaat is matig met gemiddelde somer dag-temperature van 26°C en in die winter 20°C. Maar, die gebied het ook 'n reputasie om 4 seisoene in een dag te hê.
Buffels Bay Self Catering House, Cottage, Chalet Accommodation • Buffels Bay Self Catering Accommodation • Knysna Self Catering House, Cottage, Chalet Accommodation • Knysna Self Catering Accommodation
Klik op die blou knoppie op die bladsy van 'n eiendom en ontvang kennisgewings sodra hulle 'n spesiale transaksie plaas!