Bly Plekke Logo
  • 1 of 20
    1/20 - HEAVEN SIDE FROM RIVER
  • 2 of 20
    2/20 - HEAVEN FROM RIVER
  • 3 of 20
    3/20 - HEAVENLY EVENTS BEAUTIFUL SETTING OUTSIDE CHAPEL
  • 4 of 20
    4/20 - HEAVEN FISHING PICNIC AREA
  • 5 of 20
    5/20 - HEAVEN POOL
  • 6 of 20
    6/20 - HEAVEN PICNIC FISHING AREA
  • 7 of 20
    7/20 - HEAVEN ON VAAL DINER
  • 8 of 20
    8/20 - DINER
  • 9 of 20
    9/20 - THATCH VIEW
  • 10 of 20
    10/20 - THATCH COMPLETLY OPEN PLAN WITH SEPARATE BATHROOM
  • 11 of 20
    11/20 - PENTHOUSE KITCHEN
  • 12 of 20
    12/20 - COTTAGE BALCONY
  • 13 of 20
    13/20 - COTTAGE BEDROOM
  • 14 of 20
    14/20 - LAVENDER EMAIL KITCHEN LOUNGE AREA
  • 15 of 20
    15/20 - LAVENDER 2ND BEDROOM
  • 16 of 20
    16/20 - HEAVEN SKY VIEW FROM KITCHEN AREA
  • 17 of 20
    17/20 - HEAVEN SUNRISE LOUNGE & VIEW
  • 18 of 20
    18/20 - HEAVEN SUNRISE LOUNGE KITCHEN LOUNGE AREA
  • 19 of 20
    19/20 - FISHERMAN/RIVER COTTAGE KITCHEN LOUNGE AREA
  • 20 of 20
    20/20 - FISHERMAN/RIVER COTTAGE BEDROOM
  • 1 of 20
  • 2 of 20
  • 3 of 20
  • 4 of 20
  • 5 of 20
  • 6 of 20
  • 7 of 20
  • 8 of 20
  • 9 of 20
  • 10 of 20
  • 11 of 20
  • 12 of 20
  • 13 of 20
  • 14 of 20
  • 15 of 20
  • 16 of 20
  • 17 of 20
  • 18 of 20
  • 19 of 20
  • 20 of 20
Ligging & Kontak Besonderhede
Adres:1 Diamond Cove, Vaal Oewer, Vanderbijlpark, Gauteng, South Africa
Kontak:Lynne Temlett
Cell  :+27-83-7857051

Eienaar Taalopsies
  • English
  • Afrikaans
Uitleg Slaapgeriewe
  • COTTAGE (Slaap 4) x 1
    • Slaapkamer 1 - double
    • Slaapkamer 2 - double sleeper couch
  • FISHERMAN'S (Slaap 4) x 1
    • Slaapkamer 1 - double
    • Slaapkamer 2 - double sleeper couch
  • LAVENDER (Slaap 7) x 1
    • Slaapkamer 1 - queen
    • Slaapkamer 2 - king
    • Slaapkamer 3 - double sleeper couch, single
  • PENTHOUSE (Slaap 2) x 1
    • Slaapkamer 1 - king
  • SKY (Slaap 4) x 1
    • Slaapkamer 1 - double, single, single
  • SUNRISE (Slaap 4) x 1
    • Slaapkamer 1 - double, single, single
  • THATCH (Slaap 6) x 1
    • Slaapkamer 1 - double, single, single, single, single
Spesiale Kategorieë
  • Konferensie Akkommodasie
  • Visvang Verblyf - Varswater
  • Interesante Blyplekke
  • Troeteldier-vriendelike Akkommodasie
  • Meer As 10 Gaste Verblyf
  • Troue Akkommodasie
Bladsy Statistieke
39518 besigtings sedert 07 Jul, 2016.
Laas opgedateer op 10 Sep, 2024.
First year listed on WhereToStay.co.za

Kom vir 'n rukkie terug na die rustigheid van die natuur, waar die geroep van die visarend, u met die fantastiese sonsopkoms wakker maak. Bederf u self met 'n onvergeetlike en rustige naweek weg van die gewoel en geraas van die alledaagse lewe, in die gerief van ons selfsorg woonstelle, by Heaven on Vaal. Elke eenheid het 'n uitsig op die water en 'n braaier op die balkon.

Verblyf

In elke kombuis is daar 'n mikrogolfoond, ketel, rooster, groot yskas en 'n tweeplaat, mini-oond. Al die breekgoed, eetgerei en beddegoed word voorsien. Al die eenhede word gedeeltelik gediens en het plafonwaaiers en verwarmers. Bring asseblief u eie swemhanddoeke. Die handdoeke wat voorsien word is slegs vir binne-gebruik. Bring ook u eie toilet-benodighede, skottelgoed-vadoeke en -seep, al die braai-benodighede en eie kos en drank. Moet nie die sonbrandroom vergeet nie. Onthou ook die visvang-lig!

Ons het 7 eenhede:

  • Penthouse suite/bridal suite
  • Cottage
  • Sky
  • Sunrise
  • Lavender
  • Fisherman's / river cottage
  • Thatch

Penthouse unit/Bridal Suite (Maksimum twee persone)
Ons pragtig versierde Penthouse Apartment is hoog, met 'n uitsig wat nie met enigiets by die rivier oortref kan word nie. Die Penthouse het 'n konings-grootte bed en 'n kombuis met 'n balkon. Die privaat badkamer het 'n Spabad vir u eie gerief. Die woonstel is ontwerp vir 'n intieme wegbreek vir twee persone. Indien u dit verkies, sal ons u bederf met ontbyt (nie in die tarrief ingesluit nie) in die eetkamer, of by u in die Penthouse bedien.

Die Cottage Family Unit
'n Eenslaapkamer-eenheid met 'n klein dubbelslaapbank in die kombuis/woongebied en een dubbelbed in die slaapkamer. Hierdie vertrekke deel 'n badkamer (bad en stort). Slaapplek vir twee volwassenes en twee kinders, OF 3 volwasse persone. Hierdie eenheid is effens weg van die rivier en die ander eenhede, maar het ook 'n mooi uitsig op die rivier. Dit het 'n stoep en braaigebied. Ook 'n selfsorg-eenheid.

Sky Unit (Dit is 'n gesins-eenheid en nie geskik vir twee pare se privaatheid nie.)
'n Eenslaapkamer-eenheid met eie badkamer (bad en stort), 'n oopplan kombuis/eetgebied met twee beddens. Die slaapkamer het 'n dubbelbed - slaapplek vir tot tot 4 persone. Die eenheid is volkome selfsorg.

Sunrise Unit (Dit is 'n gesins-eenheid en nie geskik vir twee pare se privaatheid nie.)
'n Eenslaapkamer-eenheid met eie badkamer (bad en stort), 'n oopplan kombuis/eetgebied met twee beddens. Die slaapkamer het 'n dubbelbed - slaapplek vir tot tot 4 persone. Die eenheid is volkome selfsorg.

Lavender (Dit is 'n gesins-eenheid en ook geskik vir twee pare)
'n Tweeslaapkamer-eenheid, albei slaapkamers met eie badkamer (storte), 'n oopplan kombuis/woongebied met een dubbelvou- en een enkelbed. Die eenheid is 'n selfsorg eenheid met slaapplek vir tot 7 persone. Dit het 'n groot balkon met braaigeriewe. Een van die slaapkamers het 'n dubbel- en die ander een 'n konings-grootte bed.

The Thatch ('n Gesins-eenheid - nie geskik vir privaatheid nie, want dit is 'n algehele oopplan)
Die eenheid is 'n oopplan met 'n dubbel- & 4 enkelbeddens met 'n gebied vir die kombuis/woon/eetplek. Stort en toilet. 'n Groot balkon met braaigeriewe. Reg by die water. NEEM ASSEBLIEF KENNIS: GEEN TELEVISIE.

Ons "diner" kan gehuur word vir 'n spesiale geleentheid wanneer u die hele sentrum huur.

Ons is troeteldier-vriendelik.

Beplan U Troue By Heavenly Events Venue.

Heavenly Events Venue is net langs Heaven on Vaal. Dit is 'n pragtige plek op die rivier-oewer vir tot 200 persone.
Hierdie sentrum het 'n kapel met sitplek vir 160 gaste en het 'n binnenshuise trap wat dit verbind met die onthaal-gebied.
Heavenly Events Venue by Heaven on Vaal het pragtige agtergrond vir u troufotos, by die rivier, bosse, tuine en sandstrand op ons eiland.

'n Waterval stort uit die rotse wat die agtergrond van die hooftafel vorm. Ingesluit by die onthaal-gebied van die saal is draperings, met fee-liggies wat deur die draperings skyn. Die kapel se vensters is gedrapeer, wit tafeldoeke en wit linne-servette, óf wit óf swart stoel-bedekkings in die saal, breekgoed, eetgerei en sjampanje-glase.

Die kapel is ontwerp om aan te pas volgens die tradisie van u geloof. Agter in die kapel is 'n klein kamertjie vir die ondertekening van die wets-dokumente na die seremonie. Die kapel is verbind aan die ontvangs-saal met  binnenshuise trappe.

Die sentrum het sy eie kombuis en toilette aangrensend aan die kroeg-gebied, 'n verhogie vir die hoof-tafel en 'n dansvloer.

Ons het 'n verskeidenheid spyskaarte om van te kies. Ons spog daarmee dat ons baie aanpasbaar is met enige veranderings wat u aan die spyskaarte sal wil aanbring. 'n Vol, privaat kontantkroeg is in die sentrum beskikbaar. U moet ons asseblief adviseer hoe u wil hê die kroeg gehanteer moet word, en ook of daar spesiale drank voorsien moet word. Geen kos of sterk drank mag op die eiendom ingebring word nie.

Bootritte: Heaven on Vaal is in staat om enige tipe bootrit/vaart te onderneem of aan te pas om by u spesifieke behoeftes. Ons bied normaalweg 'n een en 'n halfuur bootvaarte aan, met plek vir 12 tot 22 gaste per rit.

U kan met u eie boot gaan ry om te kyk as die vis uit die water spring, voëls wat broei, likkewane wat op die klippe bak of verby swem, ape, dassies en selfs die enkele koedoes. U is welkom om u eie boot of Jet-ski te bring om die rivier te geniet. Lansering-fooie is van toepassing en al die nodige dokumente moet gefotostateer en saamgebring word, bv. skipperslisensie en die voertuig se water-vaardigheid.

Hengelaars by ons oord moet aanpas by ons vang en laat los/geen hounet- beleid. Dit is belangrik sodat die volgende geslag ook die hengel kan geniet.

  • Baber
  • Swartbaars
  • Gewone Karp
  • Spieëlkarp
  • Modderbek
  • Kleinbek geelvis
  • Grootbek geelvis

Naby Vermaak

Vredefort Dome: Net 'n half uur weg van Vaal-oewer het ons, ons eie wêreld-erfenisterrein. Net meer as 200km in diameter, was dit gevorm toe 'n groot meteoriet die aarde honderde jare terug getref het. Hierdie gebied is bekend vir sy unieke prag en bestaan uit valleie, berge en klein klowe wat bedek is met welige groen plante. Dit word vertel dat die laaste rimpels van die meteoriet tot hier by Vaal-oewer gestrek het, daarom, die heuwels en diep kloof.

Parys: Is ongeweer 35km vanaf Vaal-oewer naby die "Dome" . Dit is 'n outydse dorp, op die oewer van die Vaalrivier, bekend vir sy oudhede-en kunswinkels, met sy eie "Artis't Walk" in die hoofstraat.

Emerald Casino: 'n Halfuur weg, in die teenoorgestelde rigting, is die Emerald Casino op die oewer van die Vaalrivier. Daar is 'n binnenshuise avontuur-poel, 'n kegelbaan, mini-gholf en 'n dieretuin met wildritte vir die kinders en volkwassenes.

Restaurante: Daar is baie goeie restaurante in Parys, Vanderbijlpark, en die Vaal inkopie-sentrum is minder as 30 min se reistyd weg.

Kleiduif-skiet, binne 8 km.

Maak Google Map oop
    Bladsy Statistieke
    39518 besigtings sedert 07 Jul, 2016.
    Laas opgedateer op 10 Sep, 2024.
    First year listed on WhereToStay.co.za
    Kaartaansig

    Satellietaansig
    Beskikbaarheids kalender

    Heaven On Vaal
    April 2025
    Sun
    Mon
    Tue
    Wed
    Thu
    Fri
    Sat
    30
    31
    1
    2
    3
    4
    5
    6
    7
    8
    9
    10
    11
    12
    13
    14
    15
    16
    17
    18
    19
    20
    21
    22
    23
    24
    25
    26
    27
    28
    29
    30
    1
    2
    3
    4
    5
    6
    7
    8
    9
    10
    Slide calendar from left to right

    Wag u op 'n spesiale ooreenkoms?

    Spesiale aanbiedings! Ontvang vroeë kennisgewings

    Klik op die blou knoppie op die bladsy van 'n eiendom en ontvang kennisgewings sodra hulle 'n spesiale transaksie plaas!

    Spesiale aanbiedings

    Teken in en word in kennis gestel die oomblik dat hierdie eiendom 'n spesiale aanbod plaas!

    Wees die eerste om te weet en mis nooit uit nie!

    'n Bevestigingsboodskap sal aan u gestuur word voordat hierdie intekening geaktiveer is.
    * Book Online
    • 1 of 20
      1/20 - HEAVEN SIDE FROM RIVER
    • 2 of 20
      2/20 - HEAVEN FROM RIVER
    • 3 of 20
      3/20 - HEAVENLY EVENTS BEAUTIFUL SETTING OUTSIDE CHAPEL
    • 4 of 20
      4/20 - HEAVEN FISHING PICNIC AREA
    • 5 of 20
      5/20 - HEAVEN POOL
    • 6 of 20
      6/20 - HEAVEN PICNIC FISHING AREA
    • 7 of 20
      7/20 - HEAVEN ON VAAL DINER
    • 8 of 20
      8/20 - DINER
    • 9 of 20
      9/20 - THATCH VIEW
    • 10 of 20
      10/20 - THATCH COMPLETLY OPEN PLAN WITH SEPARATE BATHROOM
    • 11 of 20
      11/20 - PENTHOUSE KITCHEN
    • 12 of 20
      12/20 - COTTAGE BALCONY
    • 13 of 20
      13/20 - COTTAGE BEDROOM
    • 14 of 20
      14/20 - LAVENDER EMAIL KITCHEN LOUNGE AREA
    • 15 of 20
      15/20 - LAVENDER 2ND BEDROOM
    • 16 of 20
      16/20 - HEAVEN SKY VIEW FROM KITCHEN AREA
    • 17 of 20
      17/20 - HEAVEN SUNRISE LOUNGE & VIEW
    • 18 of 20
      18/20 - HEAVEN SUNRISE LOUNGE KITCHEN LOUNGE AREA
    • 19 of 20
      19/20 - FISHERMAN/RIVER COTTAGE KITCHEN LOUNGE AREA
    • 20 of 20
      20/20 - FISHERMAN/RIVER COTTAGE BEDROOM
    Listings

    Sign-up to our Great Escapes newsletter

    © BlyPlekke.co.za 1998-2025 blyplekke_live
    Heaven On Vaal - Vaal Oewer Verblyf.