Eikelaan Farm Cottages
'n Besoek aan Eikelaan word beskou as 'n volkome "wegbreek van die realiteit" en 'n totale ommekeer van die gejaag van die stadslewe - uitstekend vir die herlaai van batterye en verfrissing van die gees. Die stilte, vrede en kalmte behoort u volkome te laat ontspan, te verfris en te vernuwe.
Verblyf
Eikelaan Farm Cottage. Hierdie aktiewe plaas met koring, wingerde, skape en beeste bied 3 luukse selfsorg-huise. Hulle het almal 'n vergesig van groen velde wat ineen-vloei met die blou berge - 'n teenstellende aanspraak van die sagte en ruwe.
Die kothuise is sonnig en lugtig, goed toegerus en versier in natuurlike kleure en tekstuur. Breë vensters en dubbeldeure voed die binnelig, terracotta vloerteëls komplimenteer die ruwwe landelike terrein teenoor warm sisal matte, natuurlike roomkleur gordyne, vars wit linne en dik dons-duvet's.
Al die kothuise het kaggels vir gesellige winters in 'n wêreld waar sneeu op die berge, hier naby, nie ongewoon is nie. Aan die ander kant, as die somermaande kom, sal u bly wees dat die kothuise ook lugsorg en dakwaaiers het. U het dan ook toegang na die swembad (met 'n lapa).
'n Besoek aan die bekende Kerkstraat word sterk aanbeveel. Hierdie geskiedkundige straat het meer erfenis-monumente as enige ander straat in Suid-Afrika. Tulbagh het ook uitstekende restaurante, olyf-boorde, museums, kuns- en handwerk-winkels en baie wynkelders. Vir die meer avontuurlike is daar 4x4 roetes, perdry, bergfiets- en staproetes.
Tulbagh Self Catering House, Cottage, Chalet Accommodation • Tulbagh Guest Farm Accommodation • Tulbagh Self Catering Accommodation
Klik op die blou knoppie op die bladsy van 'n eiendom en ontvang kennisgewings sodra hulle 'n spesiale transaksie plaas!