Camelroc is geleë in die panoramiese Oos Vrystaat en kyk uit oor die Maluti/Drakensberg bergreeks. Die groot en klein Caledonrivier vorm ‘n natuurlike grens met Lesotho en is naby geleë aan Caledonspoort Grenspos.
Camelroc gaste plaas en omgewing word sterk aanbeveel vir die avontuurlustige besoekers. Uitdagende MTB roetes van onderskeidelik 8km en 40km vir die ervare fietsryer asook die gewilde 4x4 roetes.
Aktiwiteite sluit in goeduitgelegde wandelroetes op en langs die berg en riviere, 3km en 9km; swemgat in die klein Caledonrivier.
Vir die meer ontspanne gaste is daar vars berglug en ‘n mooi uitsig op die sandsteen formasies asook ontspanning langs die swembad by die lapa.
Akkommodasie
Camelroc het sewe luukse selfsorg eenhede wat 3 tot 9 persone kan akkommodeer. Die eenhede is toegerus met kaggels en verwarmers vir die koue winters aande.
In die sandsteen plaashuis is daar 3 gaste kamers wat 2 persone per kamer kan akkommodeer.
Die kamers is stylvol gemeubileer met Dennehout meubels. Die kamers is toegerus met verwarmers en die T.V. kamer met ‘n kaggel.
Gaste is welkom om die lapa by die swembad area te gebruik.
Verskeie bal aktiwiteite en bord speletjies is beskikbaar.
Camelroc gaste plaas is die perfekte halweg stasie tussen die Kaap Provinsie en Kwa Zulu Natal.
Kom geniet die plattelandse verblyf met asemrowende sonsondergange, voël lewe, klein wild, rotskuns en kleurvolle besienswaardighede in die herfs.
Caledonspoort Self Catering House, Cottage, Chalet Accommodation • Caledonspoort Fresh-Water Fishing Accommodation • Caledonspoort Self Catering Accommodation • Fouriesburg Self Catering House, Cottage, Chalet Accommodation • Fouriesburg Fresh-Water Fishing Accommodation • Fouriesburg Self Catering Accommodation
Klik op die blou knoppie op die bladsy van 'n eiendom en ontvang kennisgewings sodra hulle 'n spesiale transaksie plaas!