@ Mamma’s Guesthouse is die plek om te bly indien u verlang na ‘n huislike ervaring met eg Suid Afrikaans gasvryheid en vriendelike personeel. Hier stap ons die ekstra myl vir u.
Ons bied skoon, rookvrye kamers aan met on-suite badkamers, toegerus met gerieflike warm storte asook gemaklike skoon beddens. Kamers beskik oor lugversorging vir die warm somer dae en koue winter nagte. Al die kamers is toegerus met ‘n eie kroeg yskas en ketel. Koffie, tee, melk en suiker word daagliks voorsien.
WiFi en DsTV is in elke kamer beskikbaar.
Geniet ‘n heerlike koppie koffie in ons pragtige tuin na ‘n uitpunttende dag.
Veilige parkering is beskikbaar binne die perseel, toegerus met veiligheidskameras.
Al die kamers het ‘n buite deur ingang en u word van ‘n afstandbeheer vir die buite hek voorsien by inteken tyd.
Geen besoekers na 23h00, sodat al die betaalende gaste ‘n goeie nagrus kan kry.
‘n Braai area is beskikbaar vir gebruik, reël asseblief net met personeel.
‘n Basiese ontbyt is beskikbaar vanaf 07h00 vm – 08h00 vm.
Beurtkrag het deel van elke huishouding in Suid-Afrika geword. ‘n Kragopwekker sal krag voorsien aan alle elektriese toestelle, behalwe die lugversorgers in al die kamers tydens beurtkrag. Die kragopwekker sal nie ingebruik wees tussen 23h00 en 06h00 om nie steurend te wees vir rustende gaste nie.
Die gastehuis is naby die N1 geleë, vir enige reisiger wat uitgeput is, is dit ‘n maklike bereikbare rusplek. Neem die Nelson Mandela afrit en binne +/- 4 kilometer is u op u rusplek.
Sentraal geleë naby groot winkelsentrums soos Mimosa Mall (700m) en die Waterfront (1.4 km). Naby geleë plekke van belangstelling:
Bloemfontein Bed & Breakfast Accommodation • Bloemfontein Guest House Accommodation • Brandwag, Bloemfontein Bed & Breakfast Accommodation • Brandwag, Bloemfontein Guest House Accommodation
Klik op die blou knoppie op die bladsy van 'n eiendom en ontvang kennisgewings sodra hulle 'n spesiale transaksie plaas!