Aire del Mar Gastehuis, in Kleinbaai, is ideaal gelee en binne loopafstand van Kleinbaai-hawe, waarvandaan die bote vertrek om die wêreld-bekende Groot Wit haai [Carcharodon Carcharias] en Suidelike Noorkapper Walvis [Southern Right Whale] van nader te bekyk.
Ons bied vriendelike en persoonlike diens aan in twee tipes akkommodasie:
5 luukse kamers met ‘n uitkyk oor die oseaan tot by Dyer-eiland. Elke kamer het ‘n en suite badkamer en eie balkon. Die kamers is toegerus met satellite-TV, muur-verwarmer, kluis, haardroeër, ketel, tee- en koffie fasiliteite. Begin jou dag met ‘n heerlike Suid-Afrikaanse ontbyt, en kuier dan teen sonsondergang met ‘n drankie op jou eie balkon, of geniet ‘n drankie in ons kroeg.
Die omliggende area het heelwat aan te bied: Verskeie land en seevoëlsoorte, visvang, ‘n 9-putjie golfbaan, pragtige staproetes langs die kus, vierwielmotorfiets-ritte, ‘n besoek aan die drup-grotte by Die Kelders, die Danger Point ligtoring en die historiese Elim en Baarskeerdersbos.
Daguitstappies: L’Agulhas [die mees suidelike punt van die Afrika kontinent]; Stanford se kaasplaas en bierbrouery, en verskeie wynplase.
Aire del Mar Gastehuis word dikwels gebruik vir akkommodasie vir gaste by troues op naburige plase en dorpe.
Gansbaai Bed & Ontbyt Akkommodasie • Gansbaai Quad / 4x4 / Fietsroete Verblyf • Gansbaai Meer As 10 Gaste Verblyf • Gansbaai Interesante Blyplekke • Gansbaai Gastehuis Akkommodasie • Kleinbaai Bed & Ontbyt Akkommodasie • Kleinbaai Quad / 4x4 / Fietsroete Verblyf • Kleinbaai Meer As 10 Gaste Verblyf • Kleinbaai Interesante Blyplekke • Kleinbaai Gastehuis Akkommodasie • Van Dyks Bay Bed & Ontbyt Akkommodasie • Van Dyks Bay Quad / 4x4 / Fietsroete Verblyf • Van Dyks Bay Meer As 10 Gaste Verblyf • Van Dyks Bay Interesante Blyplekke • Van Dyks Bay Gastehuis Akkommodasie
Klik op die blou knoppie op die bladsy van 'n eiendom en ontvang kennisgewings sodra hulle 'n spesiale transaksie plaas!