Die plaas, Pampoen-Fontein is op 'n plato geleë, hoog in die Olifantsrivierberge, twee ure vanaf Kaapstad. Ons bied volkome vrede en stilte binne 'n duisend akker van wilde blomme, sandsteenberge, onbesoedelde damme en pragtige uitsigte.
Flora: Honderde variteite fynbos, sommiges skaars, endemies en bedreigd. Fauna sluit in: grys rietbok, klipspringer, Kaapse grysbok, chacma bobbejaan, dassie, Kaapse jakkals en luiperd. Voëls soos: Die witkruis-arend, Kaapse suikervoël, Suidelike dubbelband-suikerbekkie, Kaapse bosbontrokkie, janfrederik, bontrokkie, Kaapse fisant, olyflyster en die bokmakierie.
Aktiwiteite:
Stap: Ons het verskeie gemerkte paaie met verskillende moeilikheidsgrade. Die ongerepte dele van skaars fynbos bied wonderlike tonele. Die aangewysde rusplekke nooi u vir skemerkelkies of vir piekniek. U kan maklik op 'n troppie grys-rietbokke of 'n skaars variteit van Protea (Leucospermum) afkom.
Swem: Ons het onbesoedelde damme, geskik om in te swem, wit sand-oewers vir kleiner kinders naby 'n skuiling teen die son.
Bergfiets: Daar is verskeie paaie op Pampoen-Fontein en in die berge. Die uitdagings wissel van 'n baie steil geteerde pas, redelike gelyke grondpaaie, tot rowwe bergpaaie.
Voël en Plant-identifisering.
Hengel: Een van ons damme het Clan William-geelvis, C.Saagvin, C.Rooivin. Hulle het nog nie gebroei nie, daarom laat ons nie toe dat hier gehengel word nie.
Para-gliding: Pampoen-Fontein het 'n uitstekende wegspringplek en is elke jaar gasheer vir 'n aantal kampioenskappe.
Groot Winterhoek Wildernisgebied: Geleë 'n paar kilometer verby Pampoen-Fontein is hierdie manjifieke 31000 hektaar wildernis. Dit bied wandelpaaie en rots-poele geleë in ongerepte berg-fynbos en pragtige sandsteen-berge.
Landbou-Toerisme: Pampoen-Fontein is 'n aktiewe plaas met etlike hektaar aangeplante proteas, olyfboorde, 'n paar Nguni-beeste en perde. In die seisoen mag u van die aangeplante proteas en speldekussings pluk, as u dit met ons reël!
Porterville: Is 20 minute weg en bied winkels, restaurante, sportkroeg, museum, gholfbaan en gim.
Verblyf:
Ons het vyf selfsorg kothuise te huur, elkeen toegerus met kombuis-benodigdhede, beddegoed, vuurmaakhout, seep, skoonmaakgoed, selfs tee en koffie word voorsien! Al wat u moet bring is u eie kos en drank.
Heron House het sy eie swembad.
Porterville Self Catering House, Cottage, Chalet Accommodation • Porterville Pet Friendly Accommodation • Porterville Self Catering Accommodation
Klik op die blou knoppie op die bladsy van 'n eiendom en ontvang kennisgewings sodra hulle 'n spesiale transaksie plaas!