Aaah ... Nagte om oor te droom - dae om te onthou!
Milkwood Cottage is in Sheffield Beach, 'n afgeleë plek op die Noordkus van KwaZulu-Natal. Die kothuis is selfsorg (akkommodeer 2 persone) en bestaan uit 'n groot bed/sitter met volledig toegeruste kombuisie / eetkamer en aparte stort / toilet / aantrekkamer. Dit het 'n aparte ingang en uitstekende sekuriteit vir beide jouself en jou voertuig. Ons bied 'n koning-grootte bed of twee enkelbeddens. DStv is beskikbaar by die kothuis.
Die privaat patio is die ideale plek om te ontspan, na voëls te kyk in die reuse melkhout bome, dolfyne in die branders en, in seisoen, walvisse wat majestueus verby gaan.
Van die patio af is die strandpad wat lei tot by ons stil baai, 'n paar treë van waar 'n mens kan swem, in die son lê, snorkel, duik vir kreef, hengel van die rotse of van die strand, of skulpe en mossels versamel. 'Champagne pool” (foto) is een van die baie natuurlike getypoele wat die hele jaar deur geniet kan word,as gevolg van ons matige winters.
Milkwood Cottage geniet die beste van beide wêrelde. Sheffield is in 'n cul-de-sac, ongerep deur die gewoel van besiger sentrums, maar nie meer as 'n paar minute se ry vanaf uitstekende winkels in Ballito. Plus, binne 'n radius van 20 minute Suid, is die genot van Durban en Umhlanga, Sibaya Casino, talle gholfbane, restaurante, fassinerende Indiese tempels en ander plekke van belang.
'n Uur Noord is die historiese dorp van Hluhluwe en Mfolozi wildreservate.
GPS-koördinate
Lengtegraad -29,48570
Breedtegraad 31,25629
GPS-koördinate
Lengtegraad -29,48570
Breedtegraad 31,25629
Ballito Area Self Catering House, Cottage, Chalet Accommodation • Ballito Area Self Catering Accommodation • Sheffield Beach Self Catering House, Cottage, Chalet Accommodation • Sheffield Beach Self Catering Accommodation
Klik op die blou knoppie op die bladsy van 'n eiendom en ontvang kennisgewings sodra hulle 'n spesiale transaksie plaas!